Tuesday, April 6, 2010

'n Krappie slaan sy kloue in....

Die lente is so te se aan sy einde aan hierdie kant van die wereld, en mens kan voorwaar die hitte voel opbou. So met die wat die weer nog heel lekker is in die middae, het ons besluit om so bietjie ons nuwe vriende te gaan wys waar die ou 'krappie strand' is, want hulle is nog nuut hier in die woestyn en weet nog nie so baie van die rustige uithang plekke vir families nie.

Nou ja, toe pak ons piekniek mandjie of sal ek se trollie en die gas braai, want ons het besluit om sommer leker worsie te koop en sommer worsrolle te maak. Maar toe ons by die strand kom en daar gebraai moet word, toe moes ons uitvind dat daddylief die gasbraai se pan vergeet het, gelukkig was die kidz nog nie honger nie, en was die see en die speel baie belangriker as eet. So liefie ding kon gou in die kar spring en 'n weggooi braai gaan koop.

Ons het gou die vuurtjie aan die gang gekry en lekker gebraai en gekuier.

Terwyl ons gekuier het, het die kindertjies hulleself stukkend gespeel, in die water en uit die water, ons ou seuntjie het soms so opgewonde geraak dat hy vir Lucas gese het luister 'groot seuntjie' en vir Tristin genoem het 'die ander seuntjie'. So lekker gelag vir hom. So opgewonde hy vergeet skoon hulle name as daar gespeel en baljaar word en besluit wat volgende gedoen gaan word.
Natuurlik het hy al geklimatiseer, en het die outjie so bietjie koud gekry toe hy klaar geswem het so dat hy dadda se sweater top moes aantrek en in die tentjie gaan sit het om op te warm, terwyl die ander seuntjies nog 'n laaste swem vat, want hulle kry natuurlik nog nie so gou koud nie.

Natuurlik nie die klein aspatat vergeet nie, kyk hierdie klein dogtertjie van 2 jaartjies oud kan al 3 die seuntjies opspeel en nog asem en energie daarna oor he.
Klein Chante skrik vir niks , sy is ook sommer nie links nie en gaan in die water in sonder haar tube. Ag siestog en daar gebeur die ergste toe met haar, 'n krappie gryp toe haar vingertjie en daar wil hy nie los nie, maar die klien Chante se mamma het amper in die lug gehardloop om daar by haar uit te kom en was pap van die skrik haarself, - gelukkig het sy niks oorgekom nie, en die vingertjie was net rooi. Dit was maar 'n klien krappie. Ha ha ha !

Die manne kuier met lekker koel koeldrank in die hand en die kids en Rosemarie, staan gou vir 'n laaste foto, voor ons pad vat, sodat sy darm vir die mense in S.A. kan wys.

Ons maak weer so julle, volgende keer soek ons 'n park op...

Thursday, March 25, 2010

Die dag breek aan! Ons Asempie gaan kleuter skool toe.

Ai toe breek die dag aan wat mamma Mariette so na opgesien het....
My kleinman word 'n groot man, en gaan vir die eerste keer skool toe. Die eerste daggie van sy mamma af weg, en as ek se eerste bedoel ek eerste, want ek het hom nog nooit eers alleen by ouma of enige iemand anders gelos nie.
Ja dit was vreeslik, maar in dieselfde asem moet ek se was dit die regte tyd vir ons almal, want seuna het die behoefte aan maatjies, (mamma speel nie meer so lekker nie) en daar het 'n seisoen in mamma se lewe ook aangebreek wat sy (ek) so paar uurtjies 'n dag vir myself gaan nodig he.
Nou dit werk eintlik so ... Liefie moet in September begin met skool volgens die wet van die land waarin ons nou bly. Toe het ek en dadda gedink dit is goed om hom in 'n kleuterskool te sit sodat hy so bietjie engels kan leer en om homself bietjie meer selfvertroud te maak met die taal.
Maar groot was ons verbasing toe ons hoor dat ons kleinman homself baie goed in engels kan help, en boonop nogal baie mooi daarin kan komunikeer.

Jigsaw, is die kleuterskool se naam, en dit is nie eers baie ver van ons huis af nie, dit is 'n Britse kurikulim skooltjie.

Ons het gedink dat dit 'n groot tranedal sou wees, maar ons mannemarak het heel trots by sy nuwe skool se ingang gestaan en gesmile.

Daarna het ons heel dapper ingestap, en hy kon nie wag om sy juffrou te ontmoet nie. Mamma moes net sterk bly en nie wys sy is hartseer en ongelukkig nie.

Toe ons by die klassie inkom toe is almal gereed vir die nuwe kindertjies, en gereed vir die lekker speel en leer. Hulle het 'n boom, en elke dag wat jy klas bywoon neem jy jou kaart met jou naam op en plak dit op die boom...

Christiaan is 'n seemeeu.
Hy was nie links nie en gaan sit toe sommer onmiddelik saam die maatjies en begin te speel.
Die britse tannie met haar swaar aksent het by christiaan gaan sit en met hom begin praat, en mamma wou nog vertaal en toe ek weer sien toe praat die klein man van my sommer so op sy eie in engels met haar terug.... wow... was my reaksie.
Hy het sommer gou maatjies met Ashal en Alexander gemaak. En hulle geniet mekaar die drie blonde koppies.

En net voordat mamma en dadda hom gegroet het, het hy kennis gemaak met miss Vivian, sy juffrou.
En toe ons hom 5 ure later kom kry, reken hy vir ons, ons is te vroeg ons moet terug huis toe gaan en later terug kom.... Eina vir mamma se hartjie, ek verwag hierdie seuntjie wat nie kan wag om huis toe te kom nie en hier reken hy ek is te vroeg, - belewe dit nou!

Hier is hy voor hulle tasse rakkie, en hulle het elkeen 'n sonhoed gekry van die skool af vir die tye wanneer hulle in die oggend buite gaan speel.
Ek moet se dit was regtig 'n vreeslike dag vir my, en al was my hartjie baie seer, is ek bly die dag het aangebreek want my seunie het dit nodig, en dit doen my hartjie baie goed om te weet dat hy gelukkig is, want ek kon nou 'n huilende kind gehad het en dit sou my vreeslik omgekrap het. So ek is baie dankbaar dat hy wel reg is vir die nuwe fase in sy lewetjie.
Dit is die begin van jou skool loopbaan ons kosbare seuntjie, en ons weet dat jy 'n groot sukses sal wees en baie hoe hoogtes sal bereik!