Die lente is so te se aan sy einde aan hierdie kant van die wereld, en mens kan voorwaar die hitte voel opbou. So met die wat die weer nog heel lekker is in die middae, het ons besluit om so bietjie ons nuwe vriende te gaan wys waar die ou 'krappie strand' is, want hulle is nog nuut hier in die woestyn en weet nog nie so baie van die rustige uithang plekke vir families nie.

Ons het gou die vuurtjie aan die gang gekry en lekker gebraai en gekuier.

Natuurlik het hy al geklimatiseer, en het die outjie so bietjie koud gekry toe hy klaar geswem het so dat hy dadda se sweater top moes aantrek en in die tentjie gaan sit het om op te warm, terwyl die ander seuntjies nog 'n laaste swem vat, want hulle kry natuurlik nog nie so gou koud nie.
Natuurlik nie die klein aspatat vergeet nie, kyk hierdie klein dogtertjie van 2 jaartjies oud kan al 3 die seuntjies opspeel en nog asem en energie daarna oor he.
Klein Chante skrik vir niks , sy is ook sommer nie links nie en gaan in die water in sonder haar tube. Ag siestog en daar gebeur die ergste toe met haar, 'n krappie gryp toe haar vingertjie en daar wil hy nie los nie, maar die klien Chante se mamma het amper in die lug gehardloop om daar by haar uit te kom en was pap van die skrik haarself, - gelukkig het sy niks oorgekom nie, en die vingertjie was net rooi. Dit was maar 'n klien krappie. Ha ha ha !
Die manne kuier met lekker koel koeldrank in die hand en die kids en Rosemarie, staan gou vir 'n laaste foto, voor ons pad vat, sodat sy darm vir die mense in S.A. kan wys.
Ons maak weer so julle, volgende keer soek ons 'n park op...

Klein Chante skrik vir niks , sy is ook sommer nie links nie en gaan in die water in sonder haar tube. Ag siestog en daar gebeur die ergste toe met haar, 'n krappie gryp toe haar vingertjie en daar wil hy nie los nie, maar die klien Chante se mamma het amper in die lug gehardloop om daar by haar uit te kom en was pap van die skrik haarself, - gelukkig het sy niks oorgekom nie, en die vingertjie was net rooi. Dit was maar 'n klien krappie. Ha ha ha !

Ons maak weer so julle, volgende keer soek ons 'n park op...
3 comments:
EINA! SJOE! Maar andersins lyk dit asof julle 'n heerlike uitstappie gehad het. Jy is so oulik met die fotos en die see-agtergrond en als. Lekker gekyk en lekker gelees.
Dit lyk asof dit 'n heerlike uitstappie was. Sien daar is sommer 'n klomp kindertjies vir ons groepie :-)
Ai jou blog is pragtig! Ek is sommer vies vir myself as ek dink hoe ek myne afskeep! Ek gaan beslis weer terugkeer bloggerland toe ... sommer die naweek nog!
Ekj is mal oor jou fotos!
;0)
Post a Comment