Thursday, March 25, 2010

Die dag breek aan! Ons Asempie gaan kleuter skool toe.

Ai toe breek die dag aan wat mamma Mariette so na opgesien het....
My kleinman word 'n groot man, en gaan vir die eerste keer skool toe. Die eerste daggie van sy mamma af weg, en as ek se eerste bedoel ek eerste, want ek het hom nog nooit eers alleen by ouma of enige iemand anders gelos nie.
Ja dit was vreeslik, maar in dieselfde asem moet ek se was dit die regte tyd vir ons almal, want seuna het die behoefte aan maatjies, (mamma speel nie meer so lekker nie) en daar het 'n seisoen in mamma se lewe ook aangebreek wat sy (ek) so paar uurtjies 'n dag vir myself gaan nodig he.
Nou dit werk eintlik so ... Liefie moet in September begin met skool volgens die wet van die land waarin ons nou bly. Toe het ek en dadda gedink dit is goed om hom in 'n kleuterskool te sit sodat hy so bietjie engels kan leer en om homself bietjie meer selfvertroud te maak met die taal.
Maar groot was ons verbasing toe ons hoor dat ons kleinman homself baie goed in engels kan help, en boonop nogal baie mooi daarin kan komunikeer.

Jigsaw, is die kleuterskool se naam, en dit is nie eers baie ver van ons huis af nie, dit is 'n Britse kurikulim skooltjie.

Ons het gedink dat dit 'n groot tranedal sou wees, maar ons mannemarak het heel trots by sy nuwe skool se ingang gestaan en gesmile.

Daarna het ons heel dapper ingestap, en hy kon nie wag om sy juffrou te ontmoet nie. Mamma moes net sterk bly en nie wys sy is hartseer en ongelukkig nie.

Toe ons by die klassie inkom toe is almal gereed vir die nuwe kindertjies, en gereed vir die lekker speel en leer. Hulle het 'n boom, en elke dag wat jy klas bywoon neem jy jou kaart met jou naam op en plak dit op die boom...

Christiaan is 'n seemeeu.
Hy was nie links nie en gaan sit toe sommer onmiddelik saam die maatjies en begin te speel.
Die britse tannie met haar swaar aksent het by christiaan gaan sit en met hom begin praat, en mamma wou nog vertaal en toe ek weer sien toe praat die klein man van my sommer so op sy eie in engels met haar terug.... wow... was my reaksie.
Hy het sommer gou maatjies met Ashal en Alexander gemaak. En hulle geniet mekaar die drie blonde koppies.

En net voordat mamma en dadda hom gegroet het, het hy kennis gemaak met miss Vivian, sy juffrou.
En toe ons hom 5 ure later kom kry, reken hy vir ons, ons is te vroeg ons moet terug huis toe gaan en later terug kom.... Eina vir mamma se hartjie, ek verwag hierdie seuntjie wat nie kan wag om huis toe te kom nie en hier reken hy ek is te vroeg, - belewe dit nou!

Hier is hy voor hulle tasse rakkie, en hulle het elkeen 'n sonhoed gekry van die skool af vir die tye wanneer hulle in die oggend buite gaan speel.
Ek moet se dit was regtig 'n vreeslike dag vir my, en al was my hartjie baie seer, is ek bly die dag het aangebreek want my seunie het dit nodig, en dit doen my hartjie baie goed om te weet dat hy gelukkig is, want ek kon nou 'n huilende kind gehad het en dit sou my vreeslik omgekrap het. So ek is baie dankbaar dat hy wel reg is vir die nuwe fase in sy lewetjie.
Dit is die begin van jou skool loopbaan ons kosbare seuntjie, en ons weet dat jy 'n groot sukses sal wees en baie hoe hoogtes sal bereik!

5 comments:

Jan and Miekie said...

Geluk met die groot stap. As 'n oud kleuterskooljuffrou van baie jare, weet ek dis gewoonlik vir die mammas moeiliker as die kinders! (As hulle huil is dit gewoonlik net omdat die groet moeilik is, maar teen die tyd dat Mamma by die hekkie is, het die trane al lankal opgehou. In so 'n geval moet Mamma net nie daar talm en talm nie, maar groet en waai. Dit klink of julle seuntjie die skool baie geniet het en dit kan hom net goed doen. Daar is so baie te leer by 'n skool: nie net die lessies nie, maar dinge soos stilbly tydens die storie, in 'n ry staan en beurt afwag by die toilet, wag tot almal kossies het voor jy eet ens. ens.
Sien uit daarna om meer te hoor van sy wedervaringe in die skool.

Ani said...

Ja-nee, so 'n groot dag vat maar aan 'n ma se hartsnare. Baie geluk en hy is sommer 'n trotse seuntjie met baie "guts" om so vinnig in te skakel en maatjies te maak. Geniet elke oomblik, as jul sien is hy in die skool!

Thea said...

Ai Mariette, ek onthou hoe moeilik dit vir my ook was toe die tweeling skool toe is die eerste dag. Maar soos ek nou al vir Christiaan leer ken het weet ek dat hy sommer 'n klein uitblinkerkie gaan wees en soos jyself ook sê... daai ekstra tyd 'n dag vir jouself is ook nodig.

Mariette said...

Hi Miekie.- Ai man hierdie seuntjie van my was so gereed vir die groot dag.En ja dit is soos jy se ek't nog nie eers so daar aan gedink dat dit baie meer as net die eng gaan aan help nie. In hierdie week wat verby is kon ek sien waarvan jy gepraat het van hy luister mooier en ewe skielik kan hy sy beurt af wag, en dit is wonderlik om te dink 'n paar daggies maak so groot verskil.

Dankie man, my ou Ausie maat,... Ja kan nie glo hulle ontwikkel so gou nie...

Hi Thea.
Lanklaas van jou gehoor, het julle klaar getrek, Ja kan jy dink my ou eenigste is al so groot net nou die dag het sy hele lyfie sotese in my hand gepas... ai maar daar is maar 'n seisoen vir als ne.

lekker week vir julle almal.
groetetjies

Anonymous said...

Hi my meisiekind. Is so bly hy geniet dit so. Ja dit is 'n groot stap vir ma, pa en kind maar die begin van groot en interessante dinge. Hy sal dit geniet en jy sal nou sien hoe vinnig gaan hy ontlont. Liede hoor