Thursday, April 9, 2009





UMM AL QUWAIN


Ek moet eers begin deur te se dat ek weet nie meer regtig hoe om al hierdie name te spel nie, want dit verskil op die aanwysingsborde van die op die padkaart, so ek skryf maar die op die padkaart neer......

Hierdie 4 rondlopers het gedink die gras is groener en smaakliker aan die anderkant van die draad.


Die dorpie het die oulikste roundabouts.

Hierdie een is net so voordat mens by die vismark ingaan.

Toe ons daar stop, sien ons die seemeeue net op die een plek rondsweef en in die water in duik. Ons besluit toe om bietjie van nader ondersoek te gaan instel.

Met die wat ons aangestap kom toe sien ons wat hulle so opgewonde maak.

Die vissermanne gooi die klien sardientjies en ander vissies wat hulle in hul nette gevang het weer terug in die water, en daaroor is hulle tog te dankbaar, en vreet hulle hul kroppies propvol.

Ja, hier is maar net 'n bewys van hoe heerlik hierdie klomp die vissies geniet. Dit is net jammer, dat hulle nie regtig 'n idee het van skoon maak nie, en baie hartseer om te dink dat hierdie plastiek wat op die wal gegooi is, in die natuur en see ingaan en onskuldige diere se lewens kos.


En ai man, mens het nie nodig om geleerdhied te he om te weet dat jy jou gemors moet weggooi nie, dit kos net bietjie trots.......






Die 2 kinders in my lewe, is soms soos Vinkel en Koljander.



Hierdie is 'n regte platteladse vissermans dorpie toneel as julle my opinie vra.


En hier is 'n regte hi-jacking aan die gang....


Die kraai op die enjin start die boot, die een sit op die ratte reg vir aksie, die een op die stuurwiel is reg vir bestuur, en die een op die paaltjie hou kuiwie.



Saturday, April 4, 2009


-RAS AL KHAIMAH-



Dit is nogal 'n groterige dorpie - mens kry nie heeltemal die stadsgevoel wat mens in Dubai en Abu-Dhabi het nie, alhoewel daar ook hoe geboue is en sommiges is nog onder konstruksie.


Daar is 'n redelike groot mall of 2 met eet plekkies wat bekende handelsname dra en bekend is vir mens.
Ons het egter nie te lank daar vertoef nie, want dit was bietjie onweer met 'n baie sterk wind wat gewaai het, so ons kon nie regtig oral loer waar ons graag sou wou nie.

Hierdie foto hieronder is uit die parkeer area van die mall geneem, in die verte kan julle die Etisalat gebou sien - dit is soos S.A. se 'Telkom' (dit is die gebou met die groot "golfbal" op). Die twee geboue in Abu Dhabi van Etisalat is seker drie keer so groot, ook met die bekende "golfbal" op elkeen. Die UAE het werklikwaar baie mooi argitektuur.



Ons kry toe sowaar 'n Spinneys ook so in die verbyry, en raai wat, daar besluit die Dad hy moet daarin, hy kan mos nie verby 'n Spinneys ry sonder om vir hom billies en droewors te koop nie, so hy was baie bly om dit daar sien.













Ons besluit toe na die Dad sy billies en goodies gekoop het, om met die corniche langs te ry en 'n plekkie te kry om dit dan rustig te knibbel.
Ons kry toe 'n gaatjie maar van eet kom daar toe niks nie, want die manne sien dat hierdie see lekker golwe het en dat hulle wil gaan voel hoe warm die water is, en so bietjie op die sand te loop.

Seuna teken 'n walvis met sy vingertjie.
En hy lief dit! Ons ook!
Daar is vreeslike mooi skulpe en seelewe nog op hierdie strande, en mens sien ongelooflike mooi goed. Ons het dit baie geniet, en toe die reen, wat hier so skaars is, so saggies begin sak, het ons weer verder gery.