Friday, February 27, 2009

Dieretuin in woestyn

Da ry die trein - da ry die trein, die Al Ain se trein! Ons het besluit terwyl die weer nog lekker is en nie te warm nie, alhoewel dit al in die lae dertigs is, om bietjie te gaan kyk wat die Al Ain se dieretuin vir ons kan wys. Ons het laat middag daar aangekom, want ons het eers bietjie deur die dorpie gaan ry.

Daar is 'n paar van hierdie treintjies, wat met wiele ry en nie op spore nie. Seuna wat natuurlik trein bevange is reken dis mos nie reg nie, maar as hy kan ry is dit seker maar reg so.

Ons wag maar die eerste keer dat die treintjie ry, nadat hulle stampvol gepak word. En die tweede keer moes ons soos afkop hoenders hardloop en druk en stoot om 'n gaatjie te kry.


Uiteindelik is ons op en hier gaan ons tjoekoe tjoeeeee, !! Ons het trein gery omdat ons gedink het die plek is baie groot en dat dit ons lank gaan vat om daardeur te loop, maar dit was glad nie die geval nie. Die dieretuin is nie so groot nie en na 'n half uur se ry is ons weer by die 'stasie'. En nogal met 'n ses minute stop by die snoepie. Mens kan sien dat daar mooi na die diere gekyk word, maar


die verskeidenheid is nie so groot soos byvoorbeeld Pretoria se dieretuin nie.

Dadda en boetie het natuurlik die oopte van die gras geniet, boeta was die varkie en dadda die wolf en was dit vir jou nou 'n gerond jaagery. Ons het hom so geniet, want hy leef homself so in die storie en speelietjie in, dat die beentjies so lam word dat hy nie kan 'hapet'-(hardloop) nie, soos hy dit se.

Mens sou nou regtig gedink het na al daardie gehapet en spring en lag dat die man moeg sou wees en in die kar sou slaap oppad huis toe, maar nogal nie, ons ou liefieding wou toe stories hoor van al die diere wat hy gesien het en wou weet wat hulle alles eet en al sulke dinge, en toe ons by die huis kom moes ons vir hom hulle teken dat hy kon inkleur.


Dit was nou nie heeltemal wat ons verwag het nie, maar dit was 'n baie lekker uitstappie, en nou weet ons ook hoe die dieretuin hier tussen die sand en klipberge lyk.

Wednesday, February 18, 2009

Is dit eerlik of vanselfsprekend?


Dit is nou nie die eerste keer wat ons hierdie verskynsel raakloop by die brandstof stasie nie. Ons het al 'n klomp note ook so gesien rond le, maar vandag moes ek net 'n foto hiervan neem, want dit "tickel my mind"....

Daar loop 'n magdom mense hier verby en deur die pompe waar die geld so los le, en niemand kyk eers daarna nie, dit is asof niemand dit eers raak sien nie,....

Dit is regtig so snaaks, en onnatuurlik, want in ons 'geboorteland' word mense se lewens geneem vir R10.00 en selfs minder.

Ja dit lyk nie na baie geld nie, maar geld is geld, en dit le daar in die middel van alles.
Nou wonder ek is die mense net baie eerlik, of is hulle regtig "stuped", of dalk iets anders-
Is hulle bang vir die land se reels en wette, want mens kan baie vinnig en selfs onskuldig in die tronk beland, of self uit die land gedeporteer word.

Of is dit as gevolg van hulle geloof? Ek moet se, ek respekteer hulle nogal in n sekere mate vir die feit dat hulle so religieus is, wat dalk 'n impak kan he op sekere elemente soos diefstal ens.
Verseker is daar ook sulke elemente soos misdaad hier, maar dit word dadelik vasgevat, dalk is dit 'n bydraende rede, die wette is nie net goeie advies nie, dit is wette wat toegepas word!


Nou kan mens jouself deur verskeie redenasies neem om die wortel van goed en kwaad te ondersoek, en te wonder net hoekom 'n land soos ons geboorteland so deur misdaad getreiter word, en hier waar ons nou bly, het dit nie eens 'n impak op die mense se lewens nie. En ironies genoeg, mens raak nogal gou gewoond daaraan, die feit dat mens nie alles hoef te sluit en weg te steek nie,...die lewe soos wat God bedoel het dit moet wees, om ander se goed en hulleself ook uit te los en te respekteer, nou nie dat die respekteer gedeelte altyd hier toegepas word nie, maar misdaad is hier beslis nie 'n alledaagse verskynsel nie.