Monday, November 17, 2008

Ons kuier in die reen.





My Liefers het sy famielie lanklaas gesien, want vandat ons hierna toe getrek het was hy nog nie weer by die huis nie. Toe maak ons 'n plan vir 'n vet kuier.

Siegfried se famielie bestaan net uit sy boetie Ferdi en sussie Esmarie.(hy het half boeties en sussies ook - maar die is sy eie)

Hy is 'n baie laat lam so ou Flattie, is maar soms soos 'n ou moedertjie oor haar jongste boeta.

My twee skoon susters ou Flattie en Altha.


Altie vergeet soms sy is groot dan doen sy snaakse goed saam die seuns, soos 'n rukkie terug het sy haar rug seer gemaak op die dam op Waldie se boot. Maar sy reken sy het nou besef dat die lyf bietjie ouer word en sy maar rustig moet raak, maar met haar gees makeer daar niks, hy is nog baie jonk.


My boetie Gerhard en Flattie se skoonseun Andre sorg dat ons spit mooi draai en die vleisies lekker gaar word.


Flattie se ander helftes,- Andre se vroutjie Leanie en Hannha haar ma,

Lekker kuier hulle saam. Dit het so lekker gereen daardie aand. Toe hou ma en dogter maar mekaar vas om bietjie warmer te kry.


Waldie en sy anderhelfte,
Junior en Rhea - hulle wil nog die wereld saam gaan verken.
En die kidz. My ou engel kind het vroeg aand al gaan slaap, want hy en sy dadda het mekaar op gespeel.

Maar hier speel Leanie se 2 dogtertjies A-nicola en Anjese en dan Keynen. Waldie se nuwe seuntjie.
Ons het lekker gekuier.

lekker geeet

&

lekker nat gereen.

Wednesday, November 12, 2008



Hi daar al die sanvlooi blog volgers, Dit is Jay hier, ja jy het reg gelees, Ek het so bietjie hier in my sussie se blog in ge'hack' Om vir haar iets te se aan-gesien ons so ver van hul af is. En ook om vir al haar nuwe blog vriende en Abu Dhabi vriende in kennis te stel.



Baie geluk met jou verjaarsdag sussie,

hoop jy het n wonderlike dag da in die land van sant en son.


Ek wens vir jou uit my hart net die beste en als wat mooi is. Dankie vir dit wat jy in my lewe beteken. Dit beteken on-eindig baie.

Weet jy sal sommer baie bederf word deur die 2 manne in jou lewe, maar weet ons dink die hele dag aan jou.

Iemand het die volgende vir my lank terug gese en het gedink ek wil dit met jou deel. So vat dit en maak dit joune.


Don't eva 4get this:

u are:

Loved

Chosen

Favoured

Appointed

Set apart

Blessed

By God To:

Prosper

Excel

Increase and

Succeed in life!

Ek kan nie wag om saam jou dit wat nog voorle te kan deel en beleef nie.

Geniet dit moet nie te veel verlang sien een van die dae.


Baie liefde Jay /Ma /Pa.