Monday, July 5, 2010

Die Einde van 'n hoofstuk.

Net nou die dag het ek geblog oor my kleinman wat vir die eerste keer moes skool toe gaan, nie omdat ek wou nie maar omdat hy moes.
Ons het gedink dat dit vir hom 'n goeie hupstoot op die engelse taal sou gee omdat hy in september skoolpligtend is. Wel dit het hom darm gehelp en hy praat al so mooi engels maar die belangrikste - hy verstaan en dit los ons as ouers met 'n geruste hart wat dit aanbetref.

Hier sit hy by miss Vivian en miss Amy.

Vivian was sy juffrou, en Amy die assistent juffrou. Hulle was nogal baie erg oor die blondekop seuntjie in hulle klas, want aan die begin het hy vir hulle 'n harde tyd gegee. Harde tyd in die sin van, wanneer hulle vir die kinders iets laat doen of opdrag gee, dan was hy voor die ander maatjies klaar en dan kon hy nie so lank wag en stil sit tot almal klaar was nie, en met dit het hy begin rond loop en spring en die tipe dinge wat 'n energieke seuntjie doen, wanneer hy verveeld raak. Tot ek eendag by die skool kom en vir hulle vra hoe dit gaan en hulle se vir my hy is baie 'hyper' -Shoe ek was baie omgekrap, want my kind eet nie goed wat hom 'hyper' moet maak nie. En ek weet dat hy 'n baie "inquisitive" seuntjie is, maar nie 'hyper' nie.

Toe kom ek agter dat die probleem is hy doen sy werk vinnig klaar en dan raak hy verveeld deur te lank te moet wag vir sy maatjies om klaar te maak. Toe reel ek met Vivian om vir hom 2 opdragte te gee in die plek van een, of laat hy net aanhou inkleur of teken terwyl die ander besig is. En Whala!! daar is die 'hyper' probleem opgelos!

Hier is die res van sy klasmaats, ek gaan nie eers probeer om al hulle name te noem nie.
Nou is ons reg vir die volgende hoofstuk in ons klein asempie se lewe.
Hy het plek gekry in die Amerikaanse internationale skool, en hy begin in September sy groot skool loopbaan.
Mamma se hart nog baie seer daaroor want hy hoort nog by my, maar hy is gereed daarvoor, en dit sou een of ander tyd gebeur het. Hier in die UAE moet kinders afhangend van hulle kirrikulum, op 3 of 4 jaar skool toe gaan, bietjie vroeer as wat in party ander lande die geval is.
So al wat ek vir my asempie kan se is ...
Gaan en wees geseend tot eer van God in Jesus Naam!

Thursday, June 17, 2010

'n Welverdiende rus na die Comrades

Ons was weereens geseend om weer kuier mense by ons te kon ontvang.
My 2 boeties het kom kuier. Gerhard het 'n breuk gevat na die lang en harde Comrades wat hy gehardloop het van Pietermaritzburg na Durban.
So toe het hy se bene en baie moee lyf hier kom rus, (hy het terloops 45 min voor afsny tyd klaar gemaak, en ons is baie trots op hom want hy het onlangs besluit om dit aan te pak en baie hard geoefen daarvoor). Vir 'n eerste keer is dit wel gedaan ou boet!
Met die hitte wat aangebreuk het, het ons besluit om bietjie na die waterpark in Um Al Quwain te gaan, en bietjie vir die dag in die water te gaan baljaar en 'afkoel' (as jy dit so kan noem).

Gerrie het dit baie geniet, hy is nie regtig 'n water mens nie, maar met hierdie hitte is daar seker min mense wat nie bietjie die water opsoek nie. Alhoewel die water redelik warm is het daar 'n windjie van die see se kant af gewaai wat die dag en die hitte heel aanvaarbaar gemaak het.

Nou Gerrie is nou nie 'n andrenalien jagter soos van my ander boeties nie, hy is meer van 'n digter en rustige filosoof, maar groot was my verbasig toe ek sien dat hy hierdie 'ride' aangepak het, en dit geniet het! Dit lyk na 'n gewone ride, maar wanneer jy aan die onderkant van die tregter uitgespoeg word, draai die water so verwoed -amper soos 'n twister in die ronte, dat jy jou storie en swem goed moet ken om daar uit te kom. En daar doen Gerrie dit.


Daarna was hulle almal op die groot tubes, wat soos 'n river raft is, en ja julle sien reg my klein man doen dit saam met die groot manne, want anders as sy oom is hy nou een van daai wat groei en blom op andrenalien.
Jay my ander boetie hou vas met alles wat hy in hom het, want hy het net noudie dag 'n groot oor operasie gehad, en met dit mag sy oor nie water in kry en nat word nie en natuurlik ook nie baie stampe kry nie- maar hoe kan mens nou so 'n ride nie ry nie, dit is mos nou alles deel van die lekker.
Gelukkig het sy kop droog uitgekom en hy het darm nie teveel geskud nie.

Nadat hulle al die lekker woeste dinge gery het het 'n groot deel van hul energie verbrand het, het hulle saam met my in die groot jacuzzi kom sit en net die res van die dag rustig in die lekker koel water kom geniet. Want hierdie groot swembad/jacuzzi het 'n lekker skadutent vir 'n dak op, en as gevolg daarvan is die water heel koeler as die res van die swembaddens sin, en 'n bonus jy hoef nie in die son te wees nie, en sodoende kan jy lekker swem en jou vel word bietjie gespaar teen die kwaai son.

Natuurlik kan 'n dadda nie teveel rus nie, en gou gou is daar vir hom gevra om saam met seuna te gaan speel in sy deel van die water park. - Hy het dit so geniet,- ek het soms gewonder wanneer daardie energie gaan opraak, maar dit het hom regdeur die dag gehou en het eers in die motor op pad huistoe 'n uiltjie geknip.

Op pad huistoe sien ons die silhoeete van die kamele op die sandduine. Mens moet mooi kyk om hulle raak te sien, met die deinserigheid en humiditeit wat begin instroom van die see se kant af. Dit is ook heel opmerklik dat daar heelwat meer plantegroei in daai deel van die woestyn is as hier by ons in Abu Dhabi, waar daar wraggies omtrent net sand is in die woetstyn gedeelte.
En so het nog 'n kuiertjie verby gevlieg, was lekker om julle hier te kon he!