Ai, die somer of sal ek se die hitte van ons stad...
Ons kan nie regtig kla nie, want in die huis is die tempratuur heel aangenaam en weet ons nie werklik van die hitte buite nie. ( soms voel dit asof mens in 'n bubbel leef) Maar die moeilikheid kom wanneer ons kleinman buite wil gaan speel en ons vir hom moet verduidelik dat daar nie eintlik 'n manier is om uit te gaan nie.
Gelukkig help vandag se tegnologie mens so nou en dan bietjie uit. Want met die games wat mens deesdae kan koop is daar regtig iets vir almal en alles. Ons het 'n paar opvoedkundige 'games' gekry en dit help om vir boeta te laat vergeet van buite en hou hom bietjie besig in die huis , en terselfde tyd oefen hy sommer sy hand-oog- koordinasie en stimuleer sy breintjie.
Maar wat nou eintlik hierdie hele storie so 'priceless' maak is die feit dat Furby by haar basie wil le, maak nie saak waarmee hy besig is nie, en hoe opgewonde hy ook al raak met die remote in sy handjies nie. Sy le om te le! Dan sal sy hom so nou en dan nog 'n ou vryfie op sy gesiggie ook gee met haar ou gemmer pootjie, net om vir hom te se ,-mooi so 'buddy'!
Die twee darm. Hulle is te oulik saam. Wanneer sy speel ook... sal sy hom met haar poot kap maar sonder haar naels uit, maar wanneer sy met ons speel kap sy ons soms dat die bloed loop. En sy en boeta is die oulikste twee maatjies.
So, alhoewel ons vir tydelik 'n oplossing gekry het vir die -nie buite gaan speel nie, hoop ek regtig van harte dat hierdie somer nou gou verby sal gaan, alhoewel dit maar eintlik net wishfull thinking is. :-)




