
Ons het die keer vir Rita, Andre en Rein uitgenooi om bietjie saam ons te kom kuier. En ons het werklik lekker saam gekuier.
Die 2 nefies het vreeslik lekker saam gekuier, hulle kon nie vroeg genoeg in die oggend opstaan om te gaan swem nie.
Hierdie 2 seuntjies het hulle harte uitgespeel, hulle het nie meer asem oorgehad in die aand nie, maar glo my hulle wou niks weet van slaap nie, hulle het dit uitgehou en deur gesit tot die mammas gese het genoeg is genoeg, nou is dit slaaptyd...
En hierdie is mos nou 'n outjie met houding. Die vorige keer wat ons hier in SA was, het hierdie seuna van ons darm maar 'n klomp plase gekoop, Maar die keer was hy voorbereid daarvoor, en het hy seker gemaak dat hy nie weer seer kry nie.
En hier demonstreer hy vir ons hoe vinnig mens nou kan ry wanneer die belangrike dele van jou lyfie toe is.
Hier kan mens sien die klein seunie is opgespeel. Daardie ogies wil net toeval, maar hy is te bang dat hy minute saam met sy neefie gaan mis.
Lekker op die waterwurm!! Mog net 1 keer pappa.....En toe die groot troue, die een waarvoor ons nou al jare lank wag.
Dit was by Safari kwekery in Pta gehou, en dit was 'n absolute mooi dag en 'setting'.
Ek was nogal bekommerd oor die kosbare ringe wat my ou rowwe seuntjie moes indra, veral wat die vorige week met die oefenig daarvan gebeur het, maar die outjie het hom so mooi gedra, en hy het soos 'n groot meneer geloop en vir oom Dewald die ringe gevat.
Kyk die man het sy taak heel ernstig opgeneem. Ons het hom vertel dat hy die belangrikste man van die troue is, want sonder daardie ringe kan die 2 nie trou nie. So hy het dit so gesien en hom soos 'n baas gedra, reken hy.
Na die seremonie, was daar lekker party gehou. Die belangrike man het gedans en hy het daardie lyf van hom geswaai - die mense het tot na ons toe gekom en vir hom gevra watse dans lesse hy neem. En nou moet ek by se, ons is nou glad nie dansers nie, want ek het 2 regter voete as dit daarby kom.Wynand Strydom en Cherese was daar en hulle het ons vermaak met hul pragtige musiek.
Hierdie is die 2 blomme meisies, het hulle nie te pragtig gelyk met hulle krul haartjies nie. Die een regs is Dine -my boetie Ockie se dogtertjie en die ander een is Kimberley.
Hier word die heerlike koek gesny.....
Die pragtige ring...Looka(Ilonka) het van die diamante by haar ouma gekry en van die ander by haar ma, en toe het hulle die ring ontwerp.













