Thursday, September 30, 2010

'n Nuwe Roetiene.


Ai, die dag wat ons gehoop het nie gou aan sou breek nie, het toe aangebreek.

My klein man moet skool toe, en mamma was glad nie reg vir die groot stap in ons lewe nie. Want nie net beteken die verandering dat seuna moet skool toe nie, dit beteken roetiene en stiptelikheid, en dit is iets wat die huishouding baie lanklaas moes doen en nakom.
Ons eerste dag was 'n orienteringsdag, ons moes 'n paar uur ingaan sodat hulle vir ons kon vertel wie en wat hulle is, waarvoor die skool staan en wat hulle van jou as ouer en as kind verwag.

Daarna het ons die onderwyseres ontmoet by die klassie, en sy se toe vir ons dat hy die volgende dag moet inkom vir 'n uur, dan vul ons papier werk in en hy en 8 van sy klas maats ontmoet mekaar. Na daardie dag het hy die dag daarna vir die hele dag ingegaan en vir een hele dag saam die 8 maats deurgebring. Hy het dit vreeslik geniet, en so ewe gereken dat ek hom te vroeg by die skool kom haal het, en dit na'n gewone vol dag se skool... Die karnallie.

En na die naweek het die skool amptelik begin en die hele klas van 14 is saam gevoeg.

Sy juffrou is mrs Bradshaw en die assistent juffrou is ms Surinder.

Mrs Bradshaw is van Australia en sy gee al vir meer as 8jr by AISA skool.

Voor die skoolweek begin het, het ons besluit dat dit tyd is vir ons kleinman om 'n grootman te word, en deel van die transformasie was 'n haarsny. Alhoewel hulle nie werklik haar reels het nie, en daar seuntjies met mooi lang haartjies is, het ons besluit dat 'n kort kapsel vir ons die ding gaan doen, en vir die hitte ook bietjie sal help want as hierdie klein gouekop seuntjie van ons begin sweet, dan is alles nat en een krul op 'n ander.

Hy het heel dapper gesit en mens kon sien die jongman is reg vir die nuwe verandering in sy lewe.

En lyk hy nie te pragtig nie?

Hier het hy sy skooldrag aan. Die wit en blou is die skool uniform en die grys en blou is sy L.O. klere, wat hy op sondae en woensdae het, en dan gaan hy vir die hele dag so skool toe.

Hy het sy eerste week so baie geniet, dit het sonder trane gegaan en elke oggend het hy vir my gevra dat ek hom nie te vroeg moet kom haal nie.

Die nuwe roetine ding het so gou vanself reggekom, ek kan nie eers onthou dat ek dit as 'n uitdaging gesien het nie.

Hy doen so goed in die engels want dit is die meduim waarin hulle klas kry, en hy moet arabies ook leer, en ek kan nie glo wat hy in 2 weke opgetel en geleer het nie. Ek is so trots op my grootman dat ek nog nie eers een keer te hartseer was oor die dag wat so gou gebeur het nie, want my kind is baie gelukkig en hy straal dit uit!









Ons sluit af met die rympie van die week...


Lekker week vir almal!