Ai toe breek die dag aan wat mamma Mariette so na opgesien het....
My kleinman word 'n groot man, en gaan vir die eerste keer skool toe. Die eerste daggie van sy mamma af weg, en as ek se eerste bedoel ek eerste, want ek het hom nog nooit eers alleen by ouma of enige iemand anders gelos nie.
My kleinman word 'n groot man, en gaan vir die eerste keer skool toe. Die eerste daggie van sy mamma af weg, en as ek se eerste bedoel ek eerste, want ek het hom nog nooit eers alleen by ouma of enige iemand anders gelos nie.
Ja dit was vreeslik, maar in dieselfde asem moet ek se was dit die regte tyd vir ons almal, want seuna het die behoefte aan maatjies, (mamma speel nie meer so lekker nie) en daar het 'n seisoen in mamma se lewe ook aangebreek wat sy (ek) so paar uurtjies 'n dag vir myself gaan nodig he.
Nou dit werk eintlik so ... Liefie moet in September begin met skool volgens die wet van die land waarin ons nou bly. Toe het ek en dadda gedink dit is goed om hom in 'n kleuterskool te sit sodat hy so bietjie engels kan leer en om homself bietjie meer selfvertroud te maak met die taal.
Maar groot was ons verbasing toe ons hoor dat ons kleinman homself baie goed in engels kan help, en boonop nogal baie mooi daarin kan komunikeer.
Jigsaw, is die kleuterskool se naam, en dit is nie eers baie ver van ons huis af nie, dit is 'n Britse kurikulim skooltjie.
Ons het gedink dat dit 'n groot tranedal sou wees, maar ons mannemarak het heel trots by sy nuwe skool se ingang gestaan en gesmile.
Die britse tannie met haar swaar aksent het by christiaan gaan sit en met hom begin praat, en mamma wou nog vertaal en toe ek weer sien toe praat die klein man van my sommer so op sy eie in engels met haar terug.... wow... was my reaksie.
Ek moet se dit was regtig 'n vreeslike dag vir my, en al was my hartjie baie seer, is ek bly die dag het aangebreek want my seunie het dit nodig, en dit doen my hartjie baie goed om te weet dat hy gelukkig is, want ek kon nou 'n huilende kind gehad het en dit sou my vreeslik omgekrap het. So ek is baie dankbaar dat hy wel reg is vir die nuwe fase in sy lewetjie.
Dit is die begin van jou skool loopbaan ons kosbare seuntjie, en ons weet dat jy 'n groot sukses sal wees en baie hoe hoogtes sal bereik!