Tuesday, February 15, 2011

'n Volle 5 jaar!

Ons klein man het hierdie maand 5 jaar oud geword, kan nie glo hy is al 'n hele handjie vol oud nie.

Mamma wat nou glad nie 'n wafferse bakster is nie, het vir boeta se klasmaats 'n paar koekies gebak , sommer klein bite size cupcakes, want anders mors hulle, of as die ander kinders enigsins soos my kleinman is, dan is dit net van eet die lekker icing af en los die koek, so ek't dit klein genoeg gemaak sodat hulle nie te veel hoef te mors nie.

Na skooltyd het ons hom gaan haal by die skool, en toe hy by die huis kom regtuit kamer toe gevat om aan te trek. Maar nie net sommer so sonder rede nie, dit het vir Jay tyd gegee om in die groot geel boks te klim, want sien Christiaan het nie geweet dat Jay kom kuier het nie, so ons het hom deel van seuna se geskenk gemaak. Ons het Jay se gesig geverf en toe hom so bietjie opgemaak sodat hy hom nie onmiddelik moes herken nie.


Julle weet mos, soms is daar net goed wat geld nie kan koop nie, en dit was een van daardie oomblikke toe Jay uit daardie box uit gekom het, geen geld in die wereld kon daardie uitdrukking op daardie gesiggie koop nie. Hy het nie geweet dat dit Jay was nie maar hy het ewe sedig gegroet ''Hallo'' en toe hy op die bank gaan sit soos die ''music man'' (dis hoe hy hom genoem het) vir hom gevra het om te doen.


Jay het homself oortref met al sy dans passies en dinge, Christiaan het glad nie agter gekom dat dit sy oom Jata was nie. Maar elke keer wanneer hy vir hom 'n geskenkie gee se hy net 'Thank you sir'.



En na Jay al die geskenkies uitgedeel het wat hy saam gebring het van almal in SA, het ons gevra dat seuna by die sir sit vir 'n ou fototjie. Daarna het Jay weer in die boks geklim.


Toe is seuna so gou soos blits terug op die bank om na al hierdie geskenkies te kyk, maar toe vra ons hom om nog een laaste keer die boks oop te maak, en daar klim Jay toe uit. Hy was so uit sy sokkies verbaas dat al wat oor sy ou lippies gekom het was, ''O, Hallo Jats - hoe gaan dit?''

Maar maters, toe die realiteit insak, toe hou daardie mondjie nie op met praat nie,

Toe is dit tyd om al daardie baie geskenkies oop te maak, ai en het hy dit geniet.

Ons almal het lekker saam oopgemaak en veral met die lego's het ons almal 'n beurt gekry om iets te bou en te ontwerp... ha ha ha.


Daarna was ons reg vir die 2 maatjies wat ons uit genooi het, Jana en klein Matilda.


En natuurlik het my klein japsnoet gereken dat hy nog nie 5 is voordat hy sy kersie geblaas het nie, Nou ja toe maak ons so.


En na die kersie blaas, het hy en Jana te lekker in die kamer gaan speel en hulle het dit omtrent geniet.


Die 2 geniet mekaar baie want Jana is die tipe girlie wat net so lekker met swaarde en hero lappe kan speel, en wanneer hulle klaar hero's was, speel hulle net so lekker pop saam.


Baie dankie vir die mooi kaartjie Jana'tjie en Matilda. Ons sal dit in ons scrapbook plak.


En dankie aan almal wat dit so spesiaal vir ons kleinman gemaak het, julle is puik. Dit was 'n heerlike daggie vir ons almal.