Ek moes hierdie Video deel.
Jammer hy is skeef, maar ekt nou nie daaraan gedink toe ek dit met die ipad afgeneem het nie.
Dit is so kosbaar, lyk asof hulle dit uit hul vel uit geniet, veral die een met die swart kuif hare.

Dit is elke keer vir my so verstommend om te sien wat hierdie groot diere met hulle swaar gewig en groot liggame kan doen.

Ek weet nie wat hulle moes deurgaan om hierdie dinge te leer nie, en hopenlik is dit nie mishandeling gewees nie, maar ek het groot respek vir hierdie pragtige diere wat al hierdie goed kan doen.
Van hierdie outjies is so lief vir die aandag wat hulle kry, dat hulle die toertjies so graag doen en as jy na hulle kyk lyk dit kompleet asof hulle 'n glimlag op hul mondjies het.
Hulle se 'n olifant is 'n baie slim dier, en wanneer mens kyk hoe hulle hierdie toertjies doen sonder dat daar mense is wat by hulle staan om hulle touwys te maak, kan mens nogal saamstem dat hulle baie slim is.
Hier speel hulle op instrumente. Daar is nou nie 'n spesifieke liedjie nie, maar hulle elkeen weet hoe om hul instrumente te speel.
Hierdie girlie skilder tot 'n prentjie, en ek dink dit moet nogal gedoen word.
Die werkers gee vir haar die kwas in die slurp en dan begin sy te skilder, so deur die skilder deur is daar nog 'n tydtjie vir 'n danspassie of twee. En sy kyk na die gehoor so asof sy wil se so wat dink julle hiervan of hoe lyk dit met 'n applous?
En wanneer dit kom by die blommetjie verf gee hulle vir haar soos 'n stempeltjie en dan druk sy dit waar sy wil en hoe sy voel.
En toe kry die dad 'n soen van haar af, sy hele kop amper in haar mond, en boeta kry meer moed om nader aan die girl te staan.