Dit is nogal moeilik om 3 weke se heerlike kuier wat belaai was met pret, lag en lekker ontspan ennn... meer as 4g se fotos in 'n paar fototjies saam te vat,... maar ek gaan probeer.
My boetie Ockie en sy drie girls het vir ons kom kuier.
Hulle het hier aan gekom met 2 tassies en 1 handbagasie sak. Baie onseker wat om te verwag in hierdie land van sand met sy gemengde nasionaliteite.

Die kindertjies het die see en sand vreeslik geniet en wou net nie huis toe gaan nie, nou moet ek byvoeg die groot kinders het dit net so geniet. Zante het die golfies tussen haar mamma se bene geniet, en daarna het sy vir ure lekker in die sagte sandjies gespeel, terwyl Dine haar nefie opgespeel het in die golwe, en wat vir haar so ongelooflik was is dat sy so ver in die see in kon loop en nie eers vlerkies nodig gehad het nie. Behalwe dat die see so lekker vlak is, is daar nie eers 'n groot golf wat haar kan omslaan nie. (ja ons wat nou al 'n rukkie hier bly verlang na lekker groot golwe, maar ons kuier mense het die verandering na geen golwe weer baie geniet).

Een van die lekker plekke waarna toe ons hulle gevat het was Wild Wadi aqua park, dit was 'n eerste keer vir ons ook en ons het die waterpark in Dubai baie geniet.
Tot my groot verbasing wys hierdie 2 Suid Afrikanertjies vir my dat hulle werklik niks 'bang' nie.. Hulle pak die 'Jumeirah Sceirah speed slide' aan.
Die water slide is 33m lank en vat jou met die spoed van 80km per uur daar af.
Ek het gedink dat Ockie met hom sal af gaan maar nie skoonsus Melissa nie, en daar doen sy dit toe... well done sus!


Iets wat onsself nog nie gedoen het nie, maar die 2 het gegaan en dit vreeslik baie geniet. Ons het na die kinders gekyk terwyl mamma en pappa op die duine rond baljaar, Melissa het haar arm laat henna en dit het te pragtig gelyk, Ockie het probeer duine ski maar hy se dit lyk makliker as wat dit lyk, volgende keer sal hy dit bemeester. Dan natuurlik is 'n desert safari nie een sonder 'n belly dancer nie. Hulle het die ervaring vreeslik geniet.

Hierdie was 'n kiekie wat nie beplan was om in die blog te wees nie, maar ek moet net dat die foto vir homself praat... na die lekker woeste 'ride' moes Melissa haar trouring soek wat van haar vinger afgeval het, gelukkig het sy hom gekry en Ockie moes sy aandete probeer inhou.... :-)

Ons het bo op Jebal Hafeet gaan piekniek, en die sons ondergang van die berg af bekyk. Ook iets wat mens nie in woorde kan beskryf nie. Nadat die son onder gegaan het, het ons onder aan die voet van die berg die green Mobazara gaan roomys eet.
Ons het so lekker gekuier dat die Rassies hulle kuier verleng het, so die 2 weke het toe amper 3 geword, en dit was waarlik 'n kuier om te onthou.
En toe die oomblik van groet, wat natuurlik na so 'n uitmuntende kuier nooit 'n lekker ding is om te doen nie.


Maar so verlaat die 4 Rassies ons met meer bagasie as waarmee hulle hier aangekom het, wat se hulle het die kuier en shop net so geniet soos ons.
Dankie boeta en sussa en julle 2 girls,- dit was 'n woeste lekker kuier.