
Jip, hy kon sy klein ogies nie glo nie, en na die groot oomblik verby was het hy ingespring en al sy geskenkies so gou as moontlik oopgeskeer. En nou moet ek byvoeg daar is darm niks so oulik en kosbaar soos 'n klein kindjie wat met groot afwagting en opgewondenheid geskenkies oop maak nie. Natuurlik nadat alles oopgemaak is moes die Dad alles fix, deur batterye in te sit, en die fiets hoed die regte grote te kry, en al die dinge wat klein opgewonde handjies nie kan doen nie.
Nadat alles 'gefix' was, was daar gou tyd om 'n cupcake te proe en die lekker af te lek, en toe moes daar op die nuwe yster perd gery word.
Die man op sy nuwe blou fiets. Hy het so gerek dat ons nie meer die vorige een se saal kon hoer maak nie.
Ons is toe net betyds vir die eerste openings program...
Fiefie, is die blou blommetjie se naam, en sy het saam met haar maatjies gedans en spring en alhoewel ons nie kan verstaan wat daar gese word nie, kon ons afly dat hulle 'n ietsie vir die kinders geleer het.
Nee regtig hulle is baie goed met daardie regte vuur in hulle hande.