Glo dit of nie, maar ons is oor 3 weke van nou af al 'n jaar hier in die U.A.E, en hierdie was die eerste keer wat ons lewendige kamele gesien het.
Hierdie klein mensie van my was so verstom oor hierdie groot diere hier reg voor hom, dat hy nie kon ophou kyk nie, en glo my as ek se, hyt nie 'n woord gese nie. Hy was so stil en so ge-intreseerd in hierdie knopperige dier dat hy net gestaar het, dit was so aansteeklik dat daddy ook net gestaar het. Dit was so asof hulle gereken het-laat ons niks se of doen terwyl die grote menere hul middagete geniet, nie.
Nadat hy goed na die kamele gekyk het, het hy gereken dit is darm maar 'n knopperige dier, want hulle het 'n knop in hulle keel en op hul rug en van hulle op hulle bene ook.
Wow, goed ge-observeer my seuna, want mamma het nog nooit so daarna gekyk nie!
Wha- ha -ha!!

Om die draai, het dogtertjies in hul tradisionele drag gespeel, en gedans. Natuurlik toe hulle hierdie gouekop seuna van ons sien, was al die oe op ons gerig, en het een van die dogtertjies na die mamma toe gehardloop en seker maar gevra of hulle na hom kan uitreik?
Met 'n duidelike kopskud 'ja' van die mamma af, hardloop of bestorm hulle ons ou seunie tegemoed. Gelukkig is hy nie 'n skrikkerige seunie nie en staan hy toe sy man goed tussen die 'girls'! Onmiddelik word sy hoed afgehaal en hulle bevat en bevoel sy haartjies, sy brilletjies word ook af gehaal om na sy ogies te kyk, en van hulle soen hom sommer in sy nekkie, en ander vryf sy handjies. Nadat hulle hom bevoel en bevat het, het ons maar met gebare taal toestemming gevra om 'n paar fotos te neem.
Na die tyd reken ons ou boetie - Shoe mamma, ek dink hulle like my! Hulle kan maar my maatjies wees.



Hier vat hulle vir boeta om saam met hulle te speel, hulle wys vir hom hoe stoot mens die hout wiellietjie, en na 'n rukkie is dit al in die ronte en hul jaag mekaar, en dit is 'n gekraai van lag en kinder stemmetjies.
Hulle lyk sommer na groot meneertjies met die wit klere.