Showing posts with label Christiaan word 3. Show all posts
Showing posts with label Christiaan word 3. Show all posts

Tuesday, February 10, 2009

'n Volle 3 jaartjies oud!

Dit voel soos nou die dag toe ons, ons klein prem babatjie huis toe gebring het,
hy was maar 1.6kg met geboorte en het maar net 40ml melkkies op 'n slag gedrink, na 21 daggies in die icu en baie dae en nagte se gebed kon ons die klien bondeltjie huis toe vat met 'n gewig van 2kg.


Vandag is my liefling seuntjie 3 jaartjies oud.

Hy is 'n begaafde seuntjie met 'n normale gewig. En hy is 'n ware geseende,gesalfde,gesonde seun van God! Daarom noem ons hom G-man!


Ons het lekker parytjie gehou. Dit was nou nie so groot soos sy vorige 2 verjaarsdae met al die familie, maatjies, niggies en nefies wat daar was nie, maar dit was net so lekker met die maatjies wat wel hier was. Ons kon nou nie fotos van al die maatjies neem nie a.g.v. hulle mamma se geloof, maar die ander het so lekker gespeel hulle het nie eers die fotograaf raakgesien nie.
Dit was 'n lekker 2 dae en dankie vir almal wat dit mootlik vir ons gemaak het om dit vir ons kliending spesiaal te maak.


Liefie seun ,- jou ma se asempie

pappa se sterrietjie en Jay se kennietjie!

Ouma se sonstraaltjie en oupa se laaitie!!

Ons is oneindig lief vir jou!


Ons dank ons Dadda die Skepper van jou vir jou!

Ons gebed vir jou ons seuna is dat Vader jou nog meer voorspoedig sal maak in al jou wee, jou sal beskerm, en jou in Sy Hande sal dra vir die res van jou lewe.

Gaan en wees geseend tot eer van God in Jesus naam!!