Showing posts with label toekenning. Show all posts
Showing posts with label toekenning. Show all posts

Saturday, August 30, 2008

Blog toekenning


Ek was baie bevoorreg gewees om ook 'n blog toekenning te kon kry.
Baie dankie aan Thea en Muriel wat dit aan my gegee het. Ek lief julle daarvoor.
Dit is baie spesiaal, en ek voel baie geeerd.
Ek geniet julle blogs net so baie en kuier lekker by julle en leer baie by julle.
Nogmaals baie dankie julle klomp is baie spesiaal, en deur by julle te kuier maak die verlange huis toe soms soveel beter.
Nou ja die reels se dat ek die inskrywing moet maak en dan dit aanstuur aan ander blogs by wie ek lekker kuier. ...
Wel ek kuier lekker by julle almal, en julle almal het al die toekenning ontvang. So ek stuur dit weer terug aan jul almal.
Ek wil egter net een uitsondering maak - een wat ek weet nog nie een het nie, en dit is aan 'Jata' se blog. Ons deel ons Kiekkies en stories so Jattie jy verdien ook hierdie toekenning!
Dankie aan al jul bloggers, dat jul so lekker met ons almal kuier en so baie van julself deel.