Die spesiale dag moet natuurlik gevier word, maar nie op 'n aledaagse manier nie.
Eers wou ons hulle op 'n Dhow(boot) laat vaar het, wat 'n ete insluit. Maar moederlief is nie baie mal oor seekos nie, en met die hitte en humiditeit in die aande, was dit in elk geval 'n minder goeie idee vir die tyd van die jaar.
Toe besluit ons dat die Tiara restaurant by die Marina Mall die regte plek is om die spesiale aand te vier.
Ons self was nog nie daar nie, so ons het nie regtig geweet wat hulle kan verwag nie.

Die Tiara restaurant is 126m hoog met ander woorde 55 verdiepings (volgens die kelnerin) en hy draai ook in die rondte, dit neem 'n hele 1 uur en 20 minute om 'n omwenteling te voltooi.
Dit was 'n rustige atmosfeer, magical en met die stad se liggies ver onder jou en die oopte van die see aan die ander kant, met 'n paar bote se liggies wat hier en daar rond dobber.
Die kos was heerlik en soos julle kan sien was die kok baie artistiek met die voorlegging van sy uitsonderlike disse en souse.
Daar word geskenkies uit geruil waarvan een natuurlik 'n ring is, 'n ware simbool van ewige liefde.
Nadat ons weer hulle gaan oplaai het, het ons so bietjie rondgeloop in die mall, en daarna die aand afgesluit met 'n lekker glasie druiwesap!


...Die rekening...
Alles was die moeite werd, maar my mamsie se spoeg het skoon opgedroog toe sy sien dat hulle 'n volle 90 Dirham vir 'n slaai van 'n paar gekleurde blare en 3 cherry tamaties moes betaal.
Ja, dit is om die minste te se - belaglik!
En nerens op die menu staan daar hoeveel die slaai kos nie.
Behalwe vir die "skok",
was die aand onvegeetlik!

Hiep Hiep Hoera!
Mag daar nog vele meer wees.