Tussen die "Heritage Village" en die "breakwater"(see) staan hierdie klomp vending masjiene. Dit laat ons nogals terugdink aan ons eie masjiene wat ons in S.A. gehad het, met 'n paar ooreenkomste en natuurlik ook verskille.
(Andre en Rita wat dink julle hiervan?)
Hier is 'n redelike verskeidenheid, pepsi en sy maats, coke en sy maats, roomys, koffie(asof iemand dit gaan koop in 48 grade C), water en snacks. Dit kos vir info, slegs 1 dirham(R2.20) vir 1 blikkie coke(330ml). En die hand binne die masjien wat my geld vat, gee nog wins vir sy baas ook! In S.A. kos dit seker al R6 .00'n blikkie! Hier is die masjiene selde vol, en word nie naastenby so goed gediens soos in S.A. nie.Of dit word ongelooflik vinnig uitverkoop. Ons het gelukkig vanaand koeldrank gekry. Dienslewering nie altyd prioriteit nie, dalk die hitte wat die ouens laat stadig loop om dit vol te hou.
Nog 'n ooreenkoms: Jy kry nie versekering vir diefstal of vandalisasie op masjiene nie. In S.A. want die risiko is te groot om dit te verseker, diefstal of vandalisme is te hoog. Hier kry jy ook nie versekering nie, want die versekeringmaatskappye gee dit nie, omdat daar nie vandalisme en diefstal is nie. Die masjiene staan alleen vanaf 2 uur se kant in die oggend, en het net die straatkatte en sardientjies in die see om mee te chat.
'n Yskoue blikkie soda bly 'n wenner, in S.A. en die UAE, veral as dit warm is. Die son verniel die masjiene regtig kwaai, so hulle lewe is effens korter as die in S.A. Dis nou te se as die masjien in S.A. nie geskiet of gekaap word nie. Hulle bekleedsel hou net 'n paar seisoene teenoor hulle boeties in S.A. Ook verander die geld nie elke tweede jaar hier nie, so jy hoef nie jou muntstuk skandeerder te laat kalibreer vir elke nuwe munt nie. Dankie tog ons het nie in Zim gebly nie, hulle geld waarde verander mos daagliks om meer te word vir inflasie. Soms verlang ons terug na die besigheid veral vir die 'ching' wat dit vir mens inbring, maar dankie tog ons het dit nie hier nie, want ons sou dit met 'n swaar hart kom diens en vol maak het in hierdie hitte....
So da het julle dit nou. Eish! Met Eish ja, dit is mos lekker!