Showing posts with label Oupa en ouma kuier. Show all posts
Showing posts with label Oupa en ouma kuier. Show all posts

Sunday, June 28, 2009

'n Warm, Nat en Opwindende Dag.

My ouers is nou al vir 'n week of wat terug in S.A. en die heerlike onvergeetlike vakansie is al verby,- maar ek het nog 'n paar herinneringe wat ek graag sal wil deel.


Op ons lysie van moet doen dinge was natuurlik die waterpark van Dreamland in Umm Al Quwain.
Dit was baie warm -glo my as ek dit se, maar ons het met 'n baie goeie gesindheid gegaan en selfs die lang rit oppad daarna toe het ons nie onder gekry nie. Ons het amper 2 en 'n half uur aan minder as 40 km gery, want hierdie Dubai en Sharjah is een groot bou "site", en nie eers die gps kan by al die pad veranderings bly nie.
Die water was 'n absolute lafenis, en daar het die heerlikste windjie gewaai, so die tempratuur was toe nie regtig so erg warm nie.
Dit was nie net ons kleinman wat homself geniet het nie...Ons elkeen oud of jonk, het verby alles gekyk en weer soos kindertjies onsself geniet. (natuurlik was Boeta ons ingangskaartjie na 'n paar plekke toe, want in hierdie swembad met die emmer word net mense wat toesig hou oor hul kindertjies toegelaat, en ons moes almal seker maak dat boeta homself geniet -He he he)
Hierdie emmer water val nogal met 'n woeste vors, maar hy het nog nie eers klaar geval nie dan skree ons kleinman weer, ek wil dit weer he!!
Daar was nie 'n ding wat ons nie gedoen het nie, die manne ons 2 girls en moet nie vir ons kleinman vergeet nie. (daar was 4 dinge wat die lifegards hom nie toegelaat het om te doen nie, en dan moes ons baie mooi verduidelik het hoekom hy nie hierdie spesifieke ding kon doen nie.) Maar soos julle kan sien het hy tot in hierdie ride geklim en dit saam met die manne gery.Ek moet se, die park is in 'n baie netjiese en goeie toestand.Daar is reels en hulle is nogal streng daarop, maar dit is goed want dit maak dat ons die dag kon geniet het sonder dat daar iemand is wat seer gekry het of 'n mens gepla het. Ek moet egter byvoeg daar was nie so baie mense nie - maar sekerlik was dit omdat dit somer is, hier gebeur alles mos in die winter... Snaaks ek weet, want gewoonlik in 'n gewone land is dit anders om - of hoe?

Na die heerlike dag met sy baie avonture en exitement, was dit tyd dat ons dag besoekers die park moes verlaat het, met moee stywe lyfies, loop ons na ons tjorrietjie toe, ons besluit toe dat ons sommer voordat ons die lang pad huistoe vat, net soos die local mense hier rond gaan maak...

(ons ry altyd met ons piekniek mat in die kar rond saam met kamp stoele, sodat ons soort van voorbereid kan wees vir daardie impelsiewe besluit so nou en dan.)

Hulle piekniek net waar hulle wil en soos hulle voel, en dit is nou een ding wat ons sommer gou-gou van hulle kultuur deel van ons gemaak het....

Ons besluit toe dat dit 'n goeie idee is om sommer net daar in die parkeer area ons piekniek goed uit te haal en gou daar te sit en eet - sodoende is boeta se magie vol want die langpad gaan verseker sy ogies toetrek, dan is die magie darm gevoed. (Daar is darm gras gewees om op te sit ook, maar die was sopnat besproei, en 'n paar groepe mense het die parkeerarea gebruik)

Ek moet se dit was 'n ongelooflike lekker dag, en ons sal beslis weer so maak.

Thursday, June 18, 2009

Tyd Vlieg

Hoekom moet tyd altyd so gou verby gaan wanneer mens jouself geniet, en wanneer jy juis wil he dat dit net vir 'n wyle moet stil staan?

Met een van ons uitstappies Dubai toe het ons een aand nadat ons die Dubai mall deurgeloop het, by een van die uitgange op hierdie Souk afgekom. Dit is asemrowend mooi met die liggies en die water maak mens so rustig voel.


Die aand tempratuur was heerlik alhoewel mens op die foto hier onder kan sien dat daar redelik baie vog/humiditeit in die lug was. Deesdae wag die meeste van die mense maar vir die donker om toe te slaan want dan is dit darm meer leefbaar.Buite by die Souk is daar 'n water orrel soos ons dit ken. Ek kan nie onthou wanneer laas iets so moois ervaar het nie. Ek dink ek was nog 'n klein dogtertjie. Ene geval, dit was asemrowend pragtig. Ons was darm betyds om die laaste paar liedjies vir die aand te kon sien.






Mens kan jouself net bewonder in die kuns van so 'n projek, want dit is asof die water self die musiek sing, en met die arabiese musiek kan jy selfs in jou verbeelding een van daardie belly dancers sien dans en heupe rondgooi, want dit lyk kompleet asof die water met hul heupe dans en rondswaai.

Hierdie hele toneel van die souk, water en musiek speel af aan die voet van die Burj Dubai, en ek dink wanneer hy heeltemal klaar gebou gaan wees en al sy liggies ook brand, gaan dit sprokies mooi lyk. Soos ons verstaan is die beplanning sover nog om die Burj Dubai op die 09-09-2009 oop te maak.

Ons sal dan weer gaan kyk hoe hierdie toneel homself afspeel....






...Dit was 'n heerlike aand - dit is net baie jammer dat dit so gou verby gegaan het. Veral omdat ons onsself geniet het...

Thursday, June 4, 2009

Aandjie uit, nagereg,merry-go-round en shop.


Manlief het dagskof gewerk, en dan ry ons nie deur die dag rond nie. Ons le maar laag by die huis, en wanneer hy by die huis kom vat ons die pad na 'n mall toe nadat ons geeet het, en dan eet ons sommer nagereg deur die aand by die winkels, of by 'n plekkie wat lyk of hulle iets lekkers het.

Hier het ons besluit dat 'n lekker BR(Baskin Robbins) roomys die ding gaan doen.
Mmmm- heerlik ne oupa en ouma!

Ons kleinman is nou op die staduim dat hy vir ons reels wil neerle. En volgens hom is die reel van hierdie spesifieke mall dat jy eers iets moet eet, dan mag jy gaan roller coaster ry in die speelpark en dan moet jy 'n krispy kreme doughnut daarna gaan eet.

Ons vat toe vir oupa en ouma vir 'n rit op die roller coaster. Eers baie braaf klim ouma op, maar toe die "trein" daardie eerste draai-op en toe af vat, toe klou ouma vir lewe en oorlewing! Die treintjie gaan 2 keer om, maar toe hy stop toe is hulle af en vra wat nog?

Ek vat toe vir oupa en ouma op 'n 4D trein. Dit is nogal 'scary' en ouma skree soos 'n dogtertjie in daardie simulator. En ek is pap van die lag, die trane loop van my gesig af soos ek hierdie mamsie van my dophou en om te sien hoe sy haarself daarin beleef. Dit was groot pret, maar daarna het die oues van dae genoeg gehad vir eers...

Daarna het ons maar nog bietjie gaan shop. Oupa en Ouma se 3de kleinkind kom oor 'n paar daggies, so ons moes eers vir die klien mensie 'n paar klere dingetjies gaan koop het. En ja, julle weet mos as vrouens eers begin met babagoed dan kan mens ure besig wees, maar kom ek vertel vir julle 'n geheim. -
Hierdie Oupa en kleinman van ons saam met my manlief, het net so lekker saam met ons geshop vir klein Zante. (hier is maar net 'n paar goedjies.)



Na die speelpark en die lekker shopping het ons die aand afgesluit met 'n lekker Krispy Kreme doughnut.

Ek het besluit om vir julle bietjie te wys hoe hulle hierdie ongelooflike lekker goed maak en so bietjie die proses daarvan met julle te deel (vir die wat dit nog nie gesien het nie).




Na die lekker aand uit was dit weer huistoe gaan tyd.

Ek moet se ons kry nie baie rus in nie want ons gaan slaap lekker laat in die aand of laat ek dit so stel, vroee oggend ure, en staan ook dan weer redelik vroeg op, sodat ons 'n nuwe dag vol avontuur en opwinding kan aanpak. Maar dit is 'n voorreg en ons is dankbaar daarvoor!

Tuesday, June 2, 2009

Window Shop in Dubai

Ons gaan wys ons mensies bietjie die voorstede en van die plekkies in Dubai -
Ons eerste stop is by Atlantis.
Ons het nie gaan swem nie, sal dit los vir 'n volgende geleentheid.
Ons besluit wel, dat ons met die nuwe Atlantis Metro gaan ry.

Terwyl ons wag by die kaartjie kantoor, kyk ons bietjie by 'n venster hoe die mense wat wel kans sien vir die son hulself gate uit geniet in die water. In die verte is die rides vir die meer brawes onder ons. Dit lyk heerlik en ons sal ook beslis 'n plan maak vir die lekkerte.


Uiteindelik kan ons die kaartjies koop, - jy koop dit sommer self en gebruik dan die kaartjie om deur die hekke te gaan.



Die Metro ry oor Palm Jumeirah. Dit is nogal baie mooi ,en mens kan vanuit die trein baie beter sien dat jy op die palm is, en hoe die villas daarop uitgele is. Dit is darm maar pragtig, en mens kan nie dink dat dit 'n mens-gemaakte eiland is nie. Die trein is nog mooi en nuut aan die binnekant en die gemak van die banke is heerlik.





Na die trein rit, moes ons so bietjie gewag het vir die bussie om ons te kom oplaai en 2km verder te gaan aflaai want die parkeerpark is 'n hele ent van daaraf. Terwyl ons wag vir die bussie, braai die son ons verder kierangkies. Gelukkig is ons goed gesmeer en gespyt met son beskerming.


Uiteindelik stop die bussie, maar ons moet maar ons trap ken om in te klim , want daar is 'n paar ander mense wat nog nooit van die woord maniere gehoor het nie, so ons moet ook maar van ons maniere vergeet en druk en stamp om 'n plekkie te kry. Dit is seker maar "son" koors wat maak dat mens van jou maniere vergeet, nie-te-min het ons dit nog steeds geniet.


Heerlik sit ons in die bussie wat tog te lekker koel is. Ons ry toe die bussie volgelaai is na ons motortjie toe, en van daaraf besluit ons om die souks te gaan besoek.


By die souk het ma nie geweet waar om te vat en waar om te los nie. Alles is mooi en die argitektuur van die souk self is prentjie mooi. Ons besluit toe om net met die oog te shop en dan op 'n later staduim weer terug te kom en 'n hele uitstappie daarvan te maak.


Buite die souk is daar 'n paar sit plekkies om die rustighied van die water en die pragtige tonele om die water in te neem.


Na die lekker rondloop by die souk besluit ons om ietsie by Fridays te gaan pik.

Die waiters is altyd vriendelik daar. En met hul oulike kleredrag maak dit die atmosfeer meer jolly!

Soos julle kan sien het Joel 'n soft toy of 2 op sy kruisbande gesit - heel cute.

Nadat ons ons gaatjies in die magies gevul het, is daar so 10 munite vir ontspan en ons sit vir oupa en ouma op 'n maseer stoel. Dit is hulle eerste keer op hierdie lekker stoele en oupa kan nie glo dat dit so lekker is nie. Hy soek net die mens wat agter die stoel wegkruip wat hom so lekker maseer.


En om die aand af te sluit, besluit ons om ons voetjies in die see te gaan natmaak en net die heerlike see briesie na die warm dag te gaan geniet.


En na 'n aangename dag en 'n heerlike afkoel is dit tyd dat ons die pad terug huistoe aanpak.

Friday, May 29, 2009

Die Dag het aangebreek


...En toe ons ons ogies oopmaak, toe is al die slapies klaar geslaap.

Dit is die dag wat Oupa en Ouma kom om te kuier.

Maar voordat ons hulle op die lughawe in Dubai kan gaan kry, moet ons eers onsself reg kry vir die tog na Dubai toe. My liefie skryf eksamen in Dubai, so ons besluit toe dat ons saam ry tot by die Mall of the Emirates, en van daar af het ek en boeta 'n taxi geneem tot by die lughawe. Ons sien dat die vlug klaar geland het, en dat ons net betyds is. Ons wag langer as 'n uur, uiteindelik kry ek 'n oproep - dit is my pa - (eerste ding wat deur my kop gaan is wat nou?). My pa vertel my dat hulle een van hulle tasse nie gekry het nie. Na 'n lang storie, vertel hulle ons toe dat 'n hele paar passasiers se bagasie agter gehou is in SA omdat die vliegtuig bietjie vol was, maar hulle belowe dat ons dit die volgende dag 10 uur sal kry.

Uiteindelik sien ons oupa en ouma en die emosies hardloop hoog. Boetie kan nie wag om na hulle toe te hapet nie. Hy is in ouma se arms en hy geniet dit, hy weet nie of hy moet huil, skreeu of lag nie.

Na die groot ontmoeting gaan sit ons by 'n eetplekkie, om gou ietsie vir ontbyt in ons magies te kry, en na dit is dit die lang wag vir liefie om ons op die lughawe te kom kry, nadat hy sy eksamen geskryf het. Die plan was om sommer terwyl ons in Dubai is by 'n mall of 2 aan te gaan. Maar ons was skaars in die kar toe is Ouma in droomland en boeta ook. Ons besluit toe om maar huis toe te gaan.


Nadat ons by die huis gekom het en lekker koffie gedrink het, skep ons toe net bietjie asem en skraap bietjie moed bymekaar vir die hitte, want hierdie Suid Afrikaners ken nie van hierdie hitte nie, maar hulle wil beslis 'n bietjie hul voete in die see gaan sit.


Ons stop toe gou by 'n strandjie oppad na die stad toe, en die voetjies word gou genat, gou-gou word Ouma begroet met 'n see krappie. Hy knyp haar tone dat sy skoon op die water begin loop. Ons kon dit nie glo nie, want ons het nog nie 'n krappie so groot soos die een gekry wat mens so seer kan knyp nie en toe ons mooi kyk toe is daar sommer 'n magdom van hulle.

Wel dit was om die minste te se prettig ,en snaaks!


Nadat ons bietjie vir ons self gelag en die sand van ons voete afgeskud het, het ons die tradisionele Swarma's gaan koop(liefie gee dit altyd vir mense wat die eerste keer hier kom kuier,en mens kry sommer 'n gevoel van die stad se bloedvloei duer na die restaurant te ry in middel van die corniche).Ons gaan eet dit toe sommer dit by die hawe, terwyl ons die son sien sak oor die besige stad. Daar is niks so rustig en so lekker om mens se dag af te sluit as om langs die water sit en die uitsig te geniet nie.


Dit was 'n lekker eerste dag van ons kuier en ons sien uit na die res van die tyd,

Oupa Ockie en Oma Adri, -

Hierdie sonstraaltjie gaan vir julle opkuier weet dit maar net.