Die U.A.E. is vandag, 2 Desember 'n volle 37 jaar oud(jonk). Orals in Abu Dhabi is daar die pragtigste liggies opgesit, so naby Kerfees kry mens sommer die kersgevoel wat pragtige liggies in mens se gemoed aanwakker.
Die plaaslike mense is uiteraard baie trots op hulle land en wat hulle onder hulle leiers in die relatiewe kort tydperk bereik het, en oral het mense die fotos van die presidente op hulle motors laat plak, met die 37 jarige viering vandag.

Hier is die president van "U.A.E" en heerser van Abu Dhabi links op die foto, en die vise president en heerser van Dubai aan die regterkant. Die mense het regtig baie respek vir hulle leierskap!
Voor op die venster is nog 'n reuse plakker, en mens wonder hoe die mense kan sien en bestuur met die plakkers op die vensters, en op 'n goeie dag kan hierdie ouens regtig nie goed bestuur nie, en moet jy al jou "varkies" bymekaar hou om uit hulle pad te bly op die paaie, so ja, ons is in vir 'n week van baie meer versigtig wees en bestuur as gewoonlik!
Ek weet nie wat die offisiele ouderdom vir die "locals" is om bestuurders lisensies te kry nie, maar hulle is bloedjonk. Hierdie kerel was te gretig om sy Camry te kan afwys, ons het hom en sy kar by die Mcdonalds/petrolgarage gekry.
Kloksgewys, die eerste heerser(sheik) van Abu Dhabi, dan die huidige een, en dan sy seun. Hulle pronk op die sunroof! Mens kan beswaarlik glo watter moeite hulle doen om die plakkers op te plak en die dag te vier!
Trots met hartjies en sterre word die land se verjaarsdag gevier en vertoon!
Selfs vlaggies word oral ingedruk, laat mens dink aan 'n Amerikaanse presidents verkiesings. Agter die motor staan die eienaar en sy pel, met die petrolgarage Kiosk/Mcdonalds/Baskin Robbins roomyswinkel, waar al die locals en expats saamkom, en lekker kom burgers en roomys eet!
Wel, van ons kant af, baie geluk aan die U.A.E. met hulle 37 ste verjaarsdag!