-'n Groot ongeluk-


Toe is dit X-strale toe, en met baie mooipraat en lang trane, het hulle uiteindelik geneem gekry wat nodig was, om te sien dat die bo-arm been(humerus), 'n fraktuur het(op die elmboog gedeelte). Ons is na die spesialis verwys, wat dadelik tydelike gips opgesit het. Nou moet ons vasbyt tot Donderdag toe om weer X-strale te neem, en dan te sien hoe vinnig die been aangegroei het, en dan is dit heel waarskynlik permanente gips vir nog 3 tot 5 weke daarna!
Die nagte is lank en slaap is nie maklik met die seer armpie nie, maar ons sterretjie is sterk, en ons hoop die hersteltydperk is sommer gou-gou verby. Vir die oomblik slapies hy rustig, solank hy net nie op die seer armpie druk nie, en solank mamma en pappa of Jata net naby is.