Ons het amper begin dink dat ons die eerste reen hier gaan mis, want ons is weer oppad om bietjie by die huis te gaan kuier.
Dit het al begin reen, maar dit was net in die stad waar dit gereen het.
En daar gebeur dit! Sommer so onverwags, mens wil se uit die bloute bars hier 'n reenbui los en dit sous lekkerrr! Wat 'n wonderlike gevoel, ewe skielik begin 'n deel in jou siel weer op te kikker en kry jy sommer weer nuwe lewe, 'n ietsie wat jy al van vergeet het.Selfs die kinders se speelpark lyk of dit jou roep en se kom en wees sommer net laf in die nat van die reen!
Ongelukkig kon ek nie my voete in die reen gaan sit nie want boetie was in die bad en mamma wou hom nie alleen los nie.... nie eers vir reen wat 'n skaarste in die woestyn is nie.
Dit het lekker hard gereen. En mens kon selfs na 'n rukkie die skoon lug in asem en die vars reen ruik!
Dit was asof dit soos 'n 'divine' oomblik was, want vir die een of ander rede was daar so min motors op die pad. En gewoonlik is daar behalwe vir vrydae en saterdae, nie een oomblik van stilte op hierdie pad nie.
Nadat die reen vir ongeveer so 20min geval het, hou dit op, kompleet soos sluise wat toe gemaak word.
Daarna gaan sak die son so asof hy ook tevrede en gelukkig is...
En ek moet se, na die reen is dit asof ons winter begin het. Want skielik word die AC in die huis afgesit en ons soek pantoffels vir die koue vloer, asof dit nie genoeg is nie word daar geshop vir duvets, en langmou pj's.
Mens kan nie dink so warm plek kan sou gou afkoel en sommer koud raak nie.
Maar ons "moun" beslis nie, en geniet elke sekonde daarvan.

6 comments:
Dit is sooo lekker. Dit lyk sommer skoon en dis goeie nuus dat die winter begin het. Hou hom daar tot ons terug is ok.. :-)
Ooo ons gaan hard probeer om hom hier te hou CHARMAINE want ons geniet dit ons self!- dit is heerlik
groetetjies vir jou
Ag Vlooitjie daar is vir my niks so mooi en lekker soos reën nie. Soos jy sê dit voel sommer of alles lewe kry!
Geniet julle vakansie!
x x
Ai ek is bly julle het darem ook so 'n ou lafenissie gehad daardie kant!!
Mooi bly!
Dankie Muriel jy moet ook lekker vakansie hou!
Thea-Ek wens ons kon sommer vir die hele week lekker reen elke dag kry maar ek weet nie hoe die ongeuks syfer dan hier sal lyk nie want hierdie mense kan nie so lekker bestuur in die nattegeid nie.
lekker week vir julle
Ek het weer kom kuier!! he he
Post a Comment