Sunday, November 2, 2008

Die nag van die brand.

Een aand met ons vakansie tydjie by Klein Kariba, het my ma en Jay gaan swem. Ek het by die huis gebly want seuna het vroeg gaan slaap.

Hulle en nog so lekker geswem en skielik is dit net donker by die swembad en die hele oord. Hulle hoor toe net 'n vrou wat skreeu!! Vuur!!! Hulle klim toe so gou moontlik uit die swembad uit en probeer in die donker by hulle goed uitkom. Toe hulle uit eindelik buite kom , sien hulle dat die resturant aan die brand is en die vlamme is al hoog in die lug.

Gelukkig het hulle daardie aand met die kar gery na die swembad - gewoonlik het hulle geloop.


Toe hulle na die berghuis toe wil ry, keer van die personeel hulle en se dat hulle nie mag opgaan nie en dat al die mense in die berghuise moet ontruim. My ma dring toe daarop aan om ons te gaan kry , hulle laat haar en Jay toe deur.










Ek onbewus van enige iets, hoor toe net my ma roep benoud sus! sus! Maak oop die deur. Ek kon nie verstaan wat aangaan nie want hulle het die deur se sleutel by hulle, maar my kamerdeur het 'n skuif deur. Ek maak toe oop want ek hoor dat daar fout is met my ma, toe ek die deur oop maak toe ruik ek die vuur.


(Hulle het in die angs en gejaagdhied die voordeur sleutel verloor)



Sus ons moet ontruim daar is 'n groot vuur en die Resturant is aan die brand. Ek besef toe eers wat aangaan en se wat vat ons saam en wat los ons? My ma gryp toe net boetie se bottie want sy weet hoe erg hy daaroor is, en ek gryp vir boetie en die laptop, want dit is my enigste komunikasie met dadda!


Net toe ons by die deur uitstorm kom daar een van die oord se helpers en se nee, ons kan maar vir eers bly want hulle glo nie dat die vuur by die berg sal opkom nie alhoewel die gras baie droog is, sien hulle nie 'n groot gevaar in nie. Ons bly toe daar.


Gaan slaap eers daardie oggend na 3 toe is ons seker dat die laaste vlammetjie dood is. Ons was die volgende oggend so lam en styf van al die skrik en adrenalien, dat ons skoon buite aksie vir die hele dag was.


Hier is hoe die skade die volgende dag gelyk het.
Die ergste is dat ons in die berghuisie hier bo gebly het, julle kan die dakkie sien uitsteek, tussen die droe bome. So nou kan jul verstaan dat ons nogal erg gestress was.

En.....


Die volgende dag was hierdie as in die rivier die tekens van 'n nag van vlamme en vuur.


7 comments:

Thea said...

Sjoe Mariette, dit moes 'n aaklige ondervinding gewees het!!

Ons was self mos ook nie hier toe ons ander huis afgebrand het nie, maar ons het agterna 'n video gesien wat iemand met sy selfoon geneem het en dit lyk baie erg as die vlamme so hoog in die lug in lek in die nag!!

Gelukkig dat die brand by Klein-Kariba nie verder versprei het na die berghutte toe nie!

Sandra said...

Ja kyk hierdie kampvuur is baie groter as die een waaroor jy die vorige keer geblog het. Baie bly dat julle veilig was.

Dorette said...

Sjoe! Dis een van daai ondervindings wat heelwat beter is as dit eers oor en verby is. Bly julle is veilig!

Muriel said...

Sjoe wat 'n ondervinding! Ek is ook bly dat julle darem veilig vas!

Anonymous said...

ja "Die nag van Angs" nee wat van "Ons Vakansie van vuur en plesier" N Lekker Hoofstuk wat ons altyd sal onthou, op die avontuur van ons lewe.

Charmaine said...

Dit moes omtrent 'n angservaring gewees het. Ai so bly hulle kon dit onder beheer bring. Ek is nogal beindruk met dit wat julle besluit het om saam te neem... Niemand sou daarop kon verbeter nie:-)

Mariette. said...

Danie JULLE ALMAL.

Ja dit was 'n ondervinding. Iets waaroor ons agterna lekker lag...

Maar Prys die Here hy het ons bewaar en veilig gehou.

geniet julle week
ons is besig om te trek en het nie meer die gerief van internet nie,- tot ons nuwe plekkie voorsien word van lyne-hoopenlik voor die einde van die maand.

vlooitjie