Saturday, May 15, 2010

3 Weke vakansie te min en te gou verby!

Dit is nogal moeilik om 3 weke se heerlike kuier wat belaai was met pret, lag en lekker ontspan ennn... meer as 4g se fotos in 'n paar fototjies saam te vat,... maar ek gaan probeer.
My boetie Ockie en sy drie girls het vir ons kom kuier.
Hulle het hier aan gekom met 2 tassies en 1 handbagasie sak. Baie onseker wat om te verwag in hierdie land van sand met sy gemengde nasionaliteite.

Ons het hulle die eerste dag see toe gevat sodat hulle net eers so bietjie oor die "jetlag" en die nuwe omgewing van die sandland kon kom, min het hulle geweet wat regtig nog op hulle wag,-

Die kindertjies het die see en sand vreeslik geniet en wou net nie huis toe gaan nie, nou moet ek byvoeg die groot kinders het dit net so geniet. Zante het die golfies tussen haar mamma se bene geniet, en daarna het sy vir ure lekker in die sagte sandjies gespeel, terwyl Dine haar nefie opgespeel het in die golwe, en wat vir haar so ongelooflik was is dat sy so ver in die see in kon loop en nie eers vlerkies nodig gehad het nie. Behalwe dat die see so lekker vlak is, is daar nie eers 'n groot golf wat haar kan omslaan nie. (ja ons wat nou al 'n rukkie hier bly verlang na lekker groot golwe, maar ons kuier mense het die verandering na geen golwe weer baie geniet).

Hier is so baie plekke wat 'n mens jou kuiermense net eenvoudig moet wys, dat 2 weke ampers te min tyd is. Gelukkig het my manlief 'n paar dae verlof gevat, en kon ons by redelik baie plekkies uitkom.
Een van die lekker plekke waarna toe ons hulle gevat het was Wild Wadi aqua park, dit was 'n eerste keer vir ons ook en ons het die waterpark in Dubai baie geniet.
Tot my groot verbasing wys hierdie 2 Suid Afrikanertjies vir my dat hulle werklik niks 'bang' nie.. Hulle pak die 'Jumeirah Sceirah speed slide' aan.
Die water slide is 33m lank en vat jou met die spoed van 80km per uur daar af.
Ek het gedink dat Ockie met hom sal af gaan maar nie skoonsus Melissa nie, en daar doen sy dit toe... well done sus!
Dan kan mens nie in Abu-Dhabi bly en nie by die Emirates paleis uitkom nie, al is dit net vir die water fontein aan die voorkant van die paleis. Dit is altyd 'n belewenis want dit is regtig baie mooi in die paleis en mens kan eintlik nie dit wat mens met die oog sien op 'n kamera vas le nie.

Toe word daar besluit op 'n desert safari.
Iets wat onsself nog nie gedoen het nie, maar die 2 het gegaan en dit vreeslik baie geniet. Ons het na die kinders gekyk terwyl mamma en pappa op die duine rond baljaar, Melissa het haar arm laat henna en dit het te pragtig gelyk, Ockie het probeer duine ski maar hy se dit lyk makliker as wat dit lyk, volgende keer sal hy dit bemeester. Dan natuurlik is 'n desert safari nie een sonder 'n belly dancer nie. Hulle het die ervaring vreeslik geniet.

Natuurlik het ons deur die gerond rits en ryery tyd gekry of te wel moes maak vir die kindertjies ook, en het hulle elke speelpark wat daar was uitgetoets. Natuurlik het die grood kindertjies ook 'n beurt gekry en baie lekker saam gespeel.
En hier in die clip hieronder word daar gewys hoe die groot kinders dit geniet het.


Hierdie was 'n kiekie wat nie beplan was om in die blog te wees nie, maar ek moet net dat die foto vir homself praat... na die lekker woeste 'ride' moes Melissa haar trouring soek wat van haar vinger afgeval het, gelukkig het sy hom gekry en Ockie moes sy aandete probeer inhou.... :-)

Ons kon nie dat hulle huis toe gaan sonder dat hulle darm die ongelooflike mooi Al Ain berge gesien het nie.
Ons het bo op Jebal Hafeet gaan piekniek, en die sons ondergang van die berg af bekyk. Ook iets wat mens nie in woorde kan beskryf nie. Nadat die son onder gegaan het, het ons onder aan die voet van die berg die green Mobazara gaan roomys eet.

Ons het so lekker gekuier dat die Rassies hulle kuier verleng het, so die 2 weke het toe amper 3 geword, en dit was waarlik 'n kuier om te onthou.

En toe die oomblik van groet, wat natuurlik na so 'n uitmuntende kuier nooit 'n lekker ding is om te doen nie.
Maar so verlaat die 4 Rassies ons met meer bagasie as waarmee hulle hier aangekom het, wat se hulle het die kuier en shop net so geniet soos ons.
Dankie boeta en sussa en julle 2 girls,- dit was 'n woeste lekker kuier.

Tuesday, April 6, 2010

'n Krappie slaan sy kloue in....

Die lente is so te se aan sy einde aan hierdie kant van die wereld, en mens kan voorwaar die hitte voel opbou. So met die wat die weer nog heel lekker is in die middae, het ons besluit om so bietjie ons nuwe vriende te gaan wys waar die ou 'krappie strand' is, want hulle is nog nuut hier in die woestyn en weet nog nie so baie van die rustige uithang plekke vir families nie.

Nou ja, toe pak ons piekniek mandjie of sal ek se trollie en die gas braai, want ons het besluit om sommer leker worsie te koop en sommer worsrolle te maak. Maar toe ons by die strand kom en daar gebraai moet word, toe moes ons uitvind dat daddylief die gasbraai se pan vergeet het, gelukkig was die kidz nog nie honger nie, en was die see en die speel baie belangriker as eet. So liefie ding kon gou in die kar spring en 'n weggooi braai gaan koop.

Ons het gou die vuurtjie aan die gang gekry en lekker gebraai en gekuier.

Terwyl ons gekuier het, het die kindertjies hulleself stukkend gespeel, in die water en uit die water, ons ou seuntjie het soms so opgewonde geraak dat hy vir Lucas gese het luister 'groot seuntjie' en vir Tristin genoem het 'die ander seuntjie'. So lekker gelag vir hom. So opgewonde hy vergeet skoon hulle name as daar gespeel en baljaar word en besluit wat volgende gedoen gaan word.
Natuurlik het hy al geklimatiseer, en het die outjie so bietjie koud gekry toe hy klaar geswem het so dat hy dadda se sweater top moes aantrek en in die tentjie gaan sit het om op te warm, terwyl die ander seuntjies nog 'n laaste swem vat, want hulle kry natuurlik nog nie so gou koud nie.

Natuurlik nie die klein aspatat vergeet nie, kyk hierdie klein dogtertjie van 2 jaartjies oud kan al 3 die seuntjies opspeel en nog asem en energie daarna oor he.
Klein Chante skrik vir niks , sy is ook sommer nie links nie en gaan in die water in sonder haar tube. Ag siestog en daar gebeur die ergste toe met haar, 'n krappie gryp toe haar vingertjie en daar wil hy nie los nie, maar die klien Chante se mamma het amper in die lug gehardloop om daar by haar uit te kom en was pap van die skrik haarself, - gelukkig het sy niks oorgekom nie, en die vingertjie was net rooi. Dit was maar 'n klien krappie. Ha ha ha !

Die manne kuier met lekker koel koeldrank in die hand en die kids en Rosemarie, staan gou vir 'n laaste foto, voor ons pad vat, sodat sy darm vir die mense in S.A. kan wys.

Ons maak weer so julle, volgende keer soek ons 'n park op...