-RAS AL KHAIMAH-
Dit is nogal 'n groterige dorpie - mens kry nie heeltemal die stadsgevoel wat mens in Dubai en Abu-Dhabi het nie, alhoewel daar ook hoe geboue is en sommiges is nog onder konstruksie.
Daar is 'n redelike groot mall of 2 met eet plekkies wat bekende handelsname dra en bekend is vir mens.
Ons het egter nie te lank daar vertoef nie, want dit was bietjie onweer met 'n baie sterk wind wat gewaai het, so ons kon nie regtig oral loer waar ons graag sou wou nie.
Hierdie foto hieronder is uit die parkeer area van die mall geneem, in die verte kan julle die Etisalat gebou sien - dit is soos S.A. se 'Telkom' (dit is die gebou met die groot "golfbal" op). Die twee geboue in Abu Dhabi van Etisalat is seker drie keer so groot, ook met die bekende "golfbal" op elkeen. Die UAE het werklikwaar baie mooi argitektuur.

Ons kry toe sowaar 'n Spinneys ook so in die verbyry, en raai wat, daar besluit die Dad hy moet daarin, hy kan mos nie verby 'n Spinneys ry sonder om vir hom billies en droewors te koop nie, so hy was baie bly om dit daar sien.


Ons besluit toe na die Dad sy billies en goodies gekoop het, om met die corniche langs te ry en 'n plekkie te kry om dit dan rustig te knibbel.
Ons kry toe 'n gaatjie maar van eet kom daar toe niks nie, want die manne sien dat hierdie see lekker golwe het en dat hulle wil gaan voel hoe warm die water is, en so bietjie op die sand te loop.

Seuna teken 'n walvis met sy vingertjie.
En hy lief dit! Ons ook!
Daar is vreeslike mooi skulpe en seelewe nog op hierdie strande, en mens sien ongelooflike mooi goed. Ons het dit baie geniet, en toe die reen, wat hier so skaars is, so saggies begin sak, het ons weer verder gery.