Wednesday, July 29, 2009

Ons gaan kyk wat by die Fees aangaan.

Ons het ook bietjie na die "Liwa Date Festival" gaan kyk.

Maar ek moet se dit het gevoel asof ons die hele dag daarnatoe gery het, wat dit is een reguit pad, en daar gaan amper niks aan daarop nie. Dan moes ons ook seker die warmste dag kies om dit te gaan doen het, maar aan die ander kant wanneer is dit nie warm hier in die somer nie?

Die aanvanklike ingang na die fees, deur die tente, moet ek se het nogal vir my baie intimiderend gevoel, want nerens staan daar dat die mans eenkat en vrouens anderkant moet ingaan nie. Of laat ek dit so stel, weereens was dit nie in engels geskryf nie. Want alles op daardie fees was in arabies.

Verstaan my asseblief nie verkeerd nie,... ek het glad nie 'n probleem daarmee nie, ek voel net die hele idee van die fees is om met die 'expats', wat meer as 80% van die bevolking hier uitmaak, hulle 'heratighe' te deel en hulle weet dat die 'expats' tog gaan kom kyk en deelneem aan die fees. So ek voel hulle kon darm die belangrike dinge in engels ook geskryf het.


Daar was baie stalletjies, maar die meeste of eintlik almal van hulle het dieselfde goed gehad. Uit die aard van die saak het dit mos maar gegaan oor die palmboom wat die dadel vrug dra. So die stalletjies was maar meestal goed soos mandjies wat die vroue uit die blaar van die palmbome maak en matte en al sulke dinge.


Ek moet se dit is ongelooflik om te dink dat hulle een hele mat uit sulke stukkies blare kan maak en dan sien mens nie eers die lassies van waar hulle die blaar las om sulke groot matte te maak nie.

Hier is een van die sheiks wat een van die bome nat lei met water.

Dan was daar die interessante uitstalling van die kinders en hoe hulle hul land met sy 'heritage' uitstal.


Hulle het nogal baie moeite hierin gesit en dit het ons nogal lank besig gehou want dit was vir ons baie oulik en interessant.


Die vroutjie wat met die palm blaar besig is om te vleg. In die stalletjies self was daar ook vrouens wat besig was om te vleg, maar hulle wou nie laat ons hulle afneem nie.


Hier natuurlik is die belangrikste deel van hul kultuur en heritage....

om die koran te leer.

Natuurlik - die seuntjies eenkant en die dogtertjies eenkant.


Ag en hierdie een hieronder is te oorspronklik vir ons gewees,

Die man wat in die boom klim en die dadels pluk.

Ons kleinman wat by die valkie sit. Nee dit is nie 'n regte een nie of laat ek dit so stel 'n lewendige een nie.

Dan was daar 'n paar stalletjies wat opgemaak was soos dit in hulle hutte of tente lyk wanneer hulle seker in die woestyn bly, en hoe hulle dinge in die ou dae gedoen het.
Hier is 'n baba wiegie. Ook uit die palmboom gemaak.


Tee tyd vir die mans want hier word als mos apart van mekaar gedoen....
'n Regte kuier tent en ons kleinman wys hoe word dinge hier gedoen so plat op die vloer naby die sand.....

Ek moet se een van die dinge wat ek baie van die kultuur hou is hulle kleure in hul dekor.


En dit was ons kuiertjie by die dadel fees in Liwa.

Ek het nie van die dadel fotos geplaas nie want Sandra

het dit mooi saamgevat.
En oppad uit het daar die heerlikste windjie gewaai , wat mens sommer moed gegee het vir die lang pad terug huis toe.

So as ons volgende jaar nog hier is waaneer daar nog so 'n fees gehou word sal ons dalkies weer gaan inloer.

Sunday, July 26, 2009

Baie geluk met Pa se verjaarsdag


Aan ons wonderlike Pa.


Wat meer kan mens se as wat ons elke jaar oor en oor en oor vir pa met pa se verjaarsdag se, wel,... alles wat ons al gese het, en bedoel het, se ons weer, maar hierdie jaar wil ons net se dit begin nou tyd te word om te se:
Gaan en geniet Pa (en Ma) se lewe, dankie vir die opofferinge en om ons groot te maak en te help en te lei in ons lewens, maar ons wens vir Pa 'n genotvolle jaar toe, een van nie worry oor die kinders nie(we hope!), maar een wat Pa kan se dit was een van my beste jare ooit....!!!
Gaan geniet Pa(en Ma) alles wat die wonderlike lewe nog so in oorvloed het om julle te bied. Dit is nou Pa se "innings" en "enjoy the ride".


Mag God Pa seen en beskerm en lei, alle goeie gawes is in elk geval van Hom!


Baie Geseende Verjaarsdag!

Tuesday, July 21, 2009

Dat selfs 'n handskrif iets van jou karakter kan vertel

Ek is deur Sandra getag om my handskrif met julle te deel.

Ek moet se ek hou nogal van hierdie tags, want mens leer baie van jou mede blog maats en soos in hierdie geval van jouself.

Wie sou nou kon dink dat in 'n handskrif mens so baie van jou karakter kan vertel sommer so sonder woorde.



Nou ja hier is myne.
Ek het eintlik al self vergeet hoe ek skryf want dit is iets wat glad nie gereeld gebeur nie.

Hierdie skrif sal ek gebruik as ek haastig is en gou 'n inkopie lysie maak, maar wanneer ek in 'n kaartjie skryf en dit word nie in die kar gedoen nie, dan skryf ek bietjie anders en meer vas...



Die meeste bloggers wat my blog lees is al getag.


So ek tag die volgende bloggers as hulle wil deelneem, en tyd het.


Jaco - alhoewel ek min of meer weet hoe joune lyk.


Die Sloans - As julle nog nie getag is nie.


My Oz'ie blog maat- Ek glo jy skryf heel gereeld aangesien jy 'n 'onnie' is.


Monday, July 20, 2009

'n Spesiale Verjaarsdag Maatjie!





Birthday Wishes For You My Friend

On your birthday,
I wish for you the fulfillment
of all your fondest dreams.
I hope that for every candle
on your cake
you get a wonderful surprise.
I wish for you that
whatever you want most in life,
it comes to you,
just the way you imagined it,
or better.
I hope you get as much pleasure
from our friendship as I do.

I look forward to
enjoying our friendship
for many more of your birthdays.
I'm so glad you were born,
because you brighten my life
and fill it with joy.


Happy Birthday!


Baie Geluk met jou verjaarsdag my vriendin.

Glo dat jy 'n ongelooflike geseende jaar sal he en dat jou beker sal oorloop met al die wonderlike dinge wat vir jou hierdie nuwe jaar voorle.


Monday, July 13, 2009

'n Lekker kole braai.

Die tempratuur is nou goed op en ons is nou beslis in die somer, dit is regtig te warm om iets buite te doen, al het die son gesak, want dit is juis dan wanneer die hitte op sy ergste is met die humiditeit.
Maar ons was gelukkig, want ons het die week wat verby is 'n dag of wat dit effe koeler gehad, en met die het ons die geleentheid aangegryp en die middag bietjie strand toe gegaan. Sommer 'n strandjie hier naby ons.

Ons klein man het dit nie werklik verwag nie, en het in die kar aan die slaap geraak, en toe ons op die strand kom het ons hom maar op die kombersie laat slaap, en net voordat hy in sy volgende slaap suklis gegaan het, het ons hom wakker gemaak. En was hy vir jou uit sy vel uit toe hy op die strand wakker word. Dit was soos 'n prys wat hy gewen het.

Dit is nie 'n bree strand nie, maar hy is redelik lank, so daar is gewoonlik genoeg plek vir al die mense wat saans daar kom uitspan.

Ons was die keer bietjie lus vir lekker rooivleis en 'n kolebraai, so toe gaan koop ons een wat net groot genoeg is vir ons klomp. Nou moet ek se ,- daar is min dinge wat so lekker ruik soos 'n vuur braai - gewoonlik doen ons dit op die gasbraaitjie, en alhoewel dit lekker is, is daar niks wat so lekker is soos 'n vuur braai nie.


Juan het so bietjie saam met ons gekom, om sy tyd so bietjie gouer te laat verbygaan - want sien hy is so gelukkig om vir 'n volle maand huis toe te gaan en na die liefdes van sy lewe toe. Hy het vir hom/hulle 'n nuwe kamera gekoop en toe het hy so bietjie geoefen om met dit te werk en te kyk wat hy alles kan doen met die fancy lense!


Ons kom gereeld na die strand toe al is dit net vir bietjie ontspan - beslis nie vir swem nie..., - en ons sien deesdae dat hulle hier ook besig is om die bietjie van die see te 'reclaime' om seker een van die Sheikes se paleise groter te maak of 'n nuwe een te bou, of vir nog 'n nuwe gebou(tower) soos hulle dit noem. Dit is nou die deel aan die agter kant van hierdie handsome man van my wat so mooi staan en 'n pose strike met sy Robertsons' steak en tjops speserye in sy hand.


En hierdie pragtige blou krap is die rede hoekom ons beslis nie in hierdie see swem nie...
Die see is vol van hierdie blou menere, en die wat julle hierbo in die water sien lyk redelik klein maar ou maters hulle is verseker nie klein nie, en hulle knyp jou dat jy bloei en goed brand. Een van hulle het my ma se plakkie stukkend geknyp toe ons saam met hulle kuiertjie hier kom braai het.

Maar wat so besonders is van hierdie spesifieke plek, is dat die water baie mooi skoon is, en mens alles baie mooi kan sien, nie net die krappies wat oppad is om jou te kom aanval nie, maar selfs die mooi klippies en skulpies.


En hier is weer my handsome man, maar ekt hom nie afgeneem nie, ons wou eintlik die vrouens agter hom afneem wat met al hulle baie lae rokke en kopdoeke swem.

Dit weer was so lekker dat die manne selfs energie gehad het om lekker bal te skop.
En klein man het 'n goeie plan uit gewerk om so nou en dan af te koel ,... hy maak seker dat die bal in die water beland sodat hy darm net sy voetjies so bietjie daarin kan sit en nat maak, maar dan moet hy ook meer versigtig wees vir meneer blou krap!

Saturday, July 4, 2009

Ontmoet vir Furby

Ons wou nou al vir 'n geruime tydjie 'n klein diertjie kry vir ons klein man.
So 'n rukkie terug kry ons toe 'n e-mail van Sandra wat vra of ons nie vir die katjie 'n huis wil gee nie, want hulle het al 'n paar katte en wil graag eerder vir hierdie een 'n goeie huis kry.
Nou ons het eintlik 'n gemmer katjie gesoek want vir een of ander rede wil ons klein man net 'n gemmer kat gehad het, maar ons Vader het van beter geweet, want hierdie swart katjie is spesiaal vir seuna gekies. 'Dit was n gemmer -soos jul kan sien , wat Jesus swart geverf het sodat sy net soveel te meer spesiaal kan wees'. Een van haar soort.
Ontmoet vir Furby - Die naam is self deur seuna gekies.

Hierdie twee is nou regtig soos vinkel en koljander. As jy vir Furby soek kan jy maar net gaan loer waar boeta is, en andersom.

Natuurlik is min dinge in die huis nog op hul plek soos dit was voor klein Furby se intrek. My blomme is uit hul vase uit en dit le die hele vloer en mat vol.

Die water bak met my ou klippies en ivy palnt in word gebruik as 'n bad, Furby klim daarin, met al vier haar voetjies en dan begin sy haarself te was. Dit is te oulik om na haar te kyk wanneer sy begin om haarself skoon te maak. Sy praat natuurlik vreeslik baie, en mens begin dit al bietjie te verstaan. Want die tone van die mieaaauwws.... verskil. Wanneer sy kos wil he, weet mens dit en wanneer haar water klaar is sit sy voor die bakkie en sit 'n lekker keel op, en dan natuurlik vergeet sy soms waar haar sand bak is dan hoor mens die benoudheid in daardie klein stemmetjie. Dan weet Jay hy moet haar gou vat voordat dit te laat mag wees.

Ja, en selfs Christiaan se speel kamer word gedeel met Furby - inteendeel dit is haar gunsteling slaapplek deur die dag, en in die aand slaap sy by Jay.
Ou seuna is so geduldig met haar, hy bou sy eie speel stad en hy is so erg daaroor, maar wanneer sy sy goed omstamp of uit die aarde uit storm dan se hy net ag nee Furb's mens speel mooi met mekaar, en ewe geduldig bou hy dit maar oor.
En natuurlik word daar kos ook gedeel . Nou nie regtig van Furby se kant af nie maar seuna deel graag en sy is soos 'n regte kind en se vir niks nee dankie nie.

O ja, dan sonder om na te laat word die bordjies soms verhang en dan speel seuna net so lekker met Furby se speelgoed soos wat sy met syne speel. En sy is net so geduldig as hy haar van die een bank na die ander verskuif, net om haar so bietjie vas te hou.
Dit is 'n pragtige ou dingetjie en sy het ons huis sommer vol lewe kom maak met haar teenwoordigheid.
En ek moet byvoeg sy het die mooiste temperament, sy is nie skrikkerig nie en as seuna dalk te vinnig op haar afkom, wat wel soms gebeur -sal sy gou weg hardloop en dan weer terug kom en op hom afstorm.
Die twee is nou waarlik maats en baie goeie maatjies daarby.





Wednesday, July 1, 2009

BAIE GELUK MAMS!



Nog 'n jaar van mooi herhinneringe is verby,

en mag die komende een vol van God se guns en seen wees en selfs nog meer mooi dae bring!

Geniet vandag Ma,

maar geniet ook elke ander dag soos 'n spesiale dag wat dit wel is.

Dankie vir alles wat Mams vir ons beteken!