Sunday, March 29, 2009





-Ondekkingsreis deur die 7 Emirate-


Met die wat seuna se armpie nou in gips is, kan ons nie veel doen nie want-na 'n speelpark toe kan ons nie want dit bly nie net by 'slide' nie en ons wou na Dreamland toe gegaan het, wat 'n waterpark is, maar ons kan nie met die gips nie. Hoe se jy nou vir 'n 3 jarige seunie dat hy nie mag swem nie? So ons uitgaan is maar bietjie beperk - gelukkig nog net vir 2 weke....


Intussen gaan ek bietjie met julle ons paar daggies wat ons bietjie weggebreek het na die ander Emirate deel.


Dit was in die begin van die maand(Maart). Ons het net na mid dag die pad aangepak na Dibba toe, dit is 'n dorpie in Fujairah.


Die eerste helfte van die pad was soos altyd vol swaar voertuie. Dit is eintlik skoon 'n onaangenaamheid gewees, maar gou-gou het ons onder die swaar verkeer uitgery.


'n Mens voel so klein tussen hierdie groot menere. Dit is baie intimederend.

Natuurlik maak dit nou nie saak watter kant jy deur Dubai ry nie, daar is oral ontwikkeling wat plaasvind.


Uiteindelik kry ons bietjie meer ooptes en woestyn te siene, en as jy mooi kyk sien jy selfs 'n kameel of 3 tussen die duine le en die vlou sonnietjie geniet.
En toe begin ons die swart klip berge van Fujairah sien, natuurlik die gesig van 'n sjeik.Mens kry dit nogal baie, in winkels, op advertensieborde, op die een berg is 'n ander se gesig geverf, hulle is omtrent oral.

En toe die mooi uitsig van oop pad tussen berge - dit het amper gevoel asof ons deur die Abel Erasmus pas in die laeveld ry.

Deur die berge tussen die baie klein dorpies deur is daar 'n paar van hierdie souks,hierdie een was net matte. En daar was die mooistes en mens kon lekker onderhandel vir prys, - ek voel natuurlik net altyd te sleg om so iets te doen want ek voel die mensies het reeds so min...


En toe sommer opblaas speelgoed gemeng met vrugte en groente, weereens ons koop glad nie groente en vrugte van straat markte af nie.


Hier kry jy 'n ietsie van alles so te se, regte intrepeneurs.


Die son trek water en ons het 'n bestemming om by uit te kom, ons weet natuurlik nie wat op ons wag nie want ons het op die internet bespreek, en soos baie dinge hier rond, is dinge nie altyd soos geadverteer nie....


Ons kom uiteindelik by Dibba aan, ons het nie besef dat dit so 'n ent uit Fujairah is nie, seker maklik so 50km, maar ons het ons bestemde dorpie gemaak en ons het sover 'n heel interessante stukkie rit gehad met dit wat ons al alles gesien het en sien sommer baie uit na die res van ons tydjie.

Ons word hartlik verwelkom, met hierdie mooi landscaping van petunias en mooi groen gras.


Dit is huistoe gaan tyd en die paaie lyk glad nie soos dit by ons in Abu-Dhabi lyk nie. Dit is lekker stil en mens kry sommer gou gou parkering waar ookal jy gaan.




En met 'n rustige sons ondergangs is dit tyd om rustig te raak en asem te skep vir die volgende dag se opwinding.



Daarvan vertel en wys ek later.

Monday, March 23, 2009

-Abra Rit -
Ons het die dag voor die ongeluk van seuntjie se armpie bietjie na die souk by die Shangri La gaan kyk. Ons was deur die dag daar, so die meeste van die plekkies was nog nie oop nie, maar ons kon darm bietjie op 'n Abra gery het.
Dit was nogal lekker want dit was 'n lekker warm dag en die water het mens sommer 'n gevoel gegee van dit is nou hoog somer en dit is waar mens hoort op so lekker warm dag.
(Ek het iets nuuts probeer met die fotos so ek hoop jul kan daarna kyk, en soos ek se dit is my eerste keer, so daar mag 'n paar foute wees maar die volgende een sal beter gaan :-)




Sunday, March 22, 2009






-Baie geluk met jou verjaarsdag ons ou boetie,-






Mag jy 'n Great jaar die jaar ervaar, en mag Ons Vader jou seen met 'n oorvloed van liefde, gesondhied en vreugde.


En Mag jou en jou gesin se beker oorloop die jaar!
Baie liefies ons 4
Geniet jou dag en ons dink aan jou!

Monday, March 16, 2009



-'n Groot ongeluk-




Ai tog! Kyk net wat met ons klein pragtig gebeur het! Hy het nog so lekker op een van die klimrame in ons kompleks gespeel, en toe afgeval op sy elmboog! Ons kon dadelik sien dat hy baie eina gekry het, en hy het sommer self gevra om na oom dokter toe te gaan. By die ongevalle eenheid, sal ons toe die agterkom die plaaslike mense gebruik dit om die rye mense wat by die gewone gevalle afdeling is, te "skip". Nietemin het ons nie te lank gewag vir die dokter nie, want hulle het die seer in sy ogies gesien.



Toe is dit X-strale toe, en met baie mooipraat en lang trane, het hulle uiteindelik geneem gekry wat nodig was, om te sien dat die bo-arm been(humerus), 'n fraktuur het(op die elmboog gedeelte). Ons is na die spesialis verwys, wat dadelik tydelike gips opgesit het. Nou moet ons vasbyt tot Donderdag toe om weer X-strale te neem, en dan te sien hoe vinnig die been aangegroei het, en dan is dit heel waarskynlik permanente gips vir nog 3 tot 5 weke daarna!

Die nagte is lank en slaap is nie maklik met die seer armpie nie, maar ons sterretjie is sterk, en ons hoop die hersteltydperk is sommer gou-gou verby. Vir die oomblik slapies hy rustig, solank hy net nie op die seer armpie druk nie, en solank mamma en pappa of Jata net naby is.

Saturday, March 7, 2009



-KHALIFA PARK-


Die dae is nou so heerlik. En met die wat liefie so lekker skof ure werk, kan ons nogal lekker rond rits. Hy werk 4 dae aan en 4 dae af.

Ons het bietjie by Khalifa Park gaan trein ry. Hierdie park lewe natuurlik in die aand, maar ons gaan nie sommer in die aande uit nie, want ons kleinman moet maar in sy roetine bly en dit beteken dat dit 8uur se kant slaaptyd vir hom is.

Die hekke of ingang van die park is vreeslik groot, net soos die park self.

Hier kan ons grootman se beentjies nie vinnig genoeg loop om by homself te bly nie.
Natuurlik is 'n park hier in Abu Dhabi nie 'n park sonder die een of ander fontein nie. En dan is dit nie sommer net 'n ou fontein nie, dit is 'n groot een met baie water!! En ja dit is pragtig en mens wil sommer soms net in die goed spring en laf wees!

Hier is ons kleinman by die trein wat hy nou al die hele week lank 'nag'(wag) om te ry. Hy kan nie wag dat die oom treinman nou in klim dat ons kan ry nie. Ons moet egter so rukkie langer wag as wat 'n kleinman kan sit en wag, sodat hulle die trein stampvol kan maak, en dit vat ekstra langer met hierdie mense want hulle vat lekker kanse, hulle klim op sonder om te betaal, dan moet die kaartjie outjie eers terug hardloop en namens hulle gaan kaartjies koop want wanneer hulle hul sit in geneem het, dan sit hulle om te sit. Daar gaan ons uiteindelik, en almal het na hierdie rit uitgesien, want niemand klim by die stoppe af nie, almal sit en ry net saam en kyk na al die mooi dinge wat daar te siene is. Na dat ons 2 keer omgery het, besluit ons om bietjie in een van die parke te gaan speel. Natuurlik moet die dad alles saam doen. En glo my dit is beslis nie vir hom 'n probleem nie, hy geniet die saam speel net so baie. en mamma geniet die rus bankie met die mooi uitsig van groen gras en blou lug. Die park se tuine en struike word baie mooi onderhou en mens kan sien hulle probeer om dit vir mens 'n lekker ervaring te maak en 'n heerlike ontspanningsplek. In die park self het sy eie klein moskee. Maar hier is die Sheikh Zayed Grand Mosque in die agtergrond van die park. Hierdie Mosque kan 30 000 aanbidders akkommadeer. Daar is 57 koepels aan die buitekant van die muur en aan die hoofgebou. Dan is daar hierdie groen grasperke mat struike wat in allerhande vorms gesny is, die tuinier hier moet regtig sy sny ken.

Nou ja, soos ek genoem het, die fonteine is net so asemrowend en mens wil waarlikwaar net jou skoene uitskop en daar gaan staan en dan moet ek byvoeg dit is nog nie eers somer nie en jou binneste het klaar daardie hinkering na afkoel.

Dan ry ons 'n laaste keer om die park en word ons gebless met die son wat ons begin groet sodat hy more weer kan skyn.

Thursday, March 5, 2009

-Alles in my Handsak-
Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house. List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is! Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads).

Thea het my 'getag' om te wys wat in my handsak is....




Mmmm... Hierdie handsak het ek nog in Istanbul gekoop. Die een wat ek op daardie oomblik gehad het was te klien vir alles wat ek op die vliegtuig by my wou he, so op nommer 99 moes ons na die straatmark toe gaan om gou vir my 'n groot genoeg handsak te kon kry. Ek het maar die een gevat omdat hy soortvan die grootste was en hy pas min of meer by die meeste van my klere. Dit is nou nie werklik 'n mooi sak nie, maar hy is baie gemaklik. Ek gebruik hom elke dag want soos julle gaan sien het ek eintlik 'n rugsak nodig vir alles wat ek rond dra, ek het ander handsakke maar hierdie een is die gemaklikste, so ja ek gebruik hom elke dag.




Eerste op my lysie is natuurlik die verfies vir die gesiggie en ogies. Ek dra nie sommer onderlaag nie, maar ek het dit net vir 'n noodgeval, dan is daar redelik 'n ietsie van alles want ek verf my gesig in die kar die meeste van die tyd omdat, wanneer mens reg maak vir ry is daar gewoonlik nie genoeg tyd vir mamma om al haar dinge te doen nie, so dit is een van die dinge wat ek maar los vir later en om dit in vrede en op my tyd in die kar doen. Ek hou daarvan om Loreal produkte te gebruik. Die Lamco grimering het my liefie vir my nou die dag op die vliegtuig gekoop, maar net omdat ek 'n paar doller note in my beursie gehad het wat my hand laat jeuk het, He he he! Ek gebruik ook maar cheepies, wat ek maar hier en daar kry, bloot oor die kleur en die geur waarin ek is, wanneer ek koop. Dan moet ek altyd 'n haarding of 6 tot my beskikking he. En moet nie die lekkerruik ding vergeet nie. 'Weereens word dit ook op die vliegtuig gekoop want dit is lekker klein en daarom kan ek meer as een geur in my hadsak aanhou.




Dan is daar ma se helpende hand. ... die karvol is daar vir wanneer dit klink of my kleinman se neusie toe is. Die Dettol wipes en handwas, ja die mamma het 'n ding oor kieme, ons vee oral die tafels af wanneer ons iewers gaan eet, en dan wanneer seuna in 'n speel park gespeel het word hy ook ge-'degerm' na die tyd, - dan is daar panadol (panado in S.A.), vir 'n ontydige hoofpyn wat darm nie te gereeld gebeur nie, 2 set pille vir seuna as hy dalk skielik goor begin voel, ek het nog nooit nodig gehad om dit te gebruik nie, en Tonsilla, dit help met akute mangel ontsteking, so wanneer ek vir seuna hoor hoes , of hoor dat hy 'n post-nasel drup het, kry hy dan vir 'n dag lank 2 pille - 3x 'n dag. Dan natuurlik my handeroom - ek vrek oor Cliks se O so Heavenly!





Omdat ek wipe bevange is, hou ek maar die wipes wat ons in die eet plekke kry. So my handsak is vol daarvan. My geldvriend sorg dat daar altyd 'n geldjie in die beursie is, en omdat ons nie te veel kaarte hier het nie,- is my beursie vol van ons SA kaarte. Natuurlik is my en kleinman se mediese kaarte ook daarin. My U.A.E. bestuurs lisensie en my kamera, wat julle net die sakkie sien want ek het my fotos af geneem met die kamera. In hierdie stad kan jy nie sonder jou kamera iewers heen gaan nie. Ek het nie 'n extra battery nie, want myne hou darm lank, en ek het 'n 4gig sd kaart so ek kan lekker baie afneem voordat ek dit fotos moet download.



Natuurlik 'n ekstra onder broekie vir mamma se klein man, hy het nog nie 'n ongelukkie gehad nie maar net vir die wis en onwis. Dan 'n soet ding want mens het gewoonlik 'n omkoop ding nodig of sommer net as mens so ver ry, 'n ietsie wat hom gelukkig hou. Sy son brille, want hier het mens dit altyd nodig, mamma sin is in die kar, of op haar kop, en dan 'n paar vetkruite en 'n boekie vir wanneer mens hom net gou wil besig hou vir so paar minute.




Dan my lifeline. Sonder die ding kan ek nie. Dit is ook nie die nuutste een nie, maar dit is die een wat ek die meeste gebruik. Laat ek dit so stel ons verstaan mekaar die beste! :-)




En dit is hoe my sak in die binnekant lyk - ja ek dra soms swaar, maar gelukkig bly ons nie meer in SA nie, so ek hoef hom darm nie te styf vas te hou nie. Ek verpes dit om altyd rond te krap as ek iets soek , maar met alles wat ek moet ronddra is dit maar my voorland!

Ja, so ek tag vir Dorette as jy nog nie getag is nie, en vir wie ook al wil deelneem en met ons ander bloggers wil deel.
-Ondekkingsreis-

'n Ware ondekkingsreis
vereis nie net 'n soektog na
nuwe gebiede nie,
Dit vereis ook nuwe oe.
Marchel Proust
fotos : -myne
In die dorpie Dibba -Fujairah

Wednesday, March 4, 2009








Happy Birthday, Special Treasure


God gave a gift to the world when you were born—
a person who loves, who cares,
who sees a person’s need and fills it,
who encourages and lifts people up,
who spends energy on others
rather than himself,
someone who touches each life he enters,
and makes a difference in the world,
because ripples of kindness flow outward
as each person you have touched, touches others.
Your birthday deserves to be a national holiday,
because you are a special treasure
for all that you’ve done.
May the love you have shown to others
return to you, multiplied.
I wish you the happiest of birthdays,
and many, many more,
so that others have time
to appreciate you
as much as I do.





Mag hiedie dag vir jou baie spesiaal en Great wees, my Liefie!



Ons is baie lief vir jou en dankbaar dat ons hierdie jaar hier saam met jou is om dit saam te vier en te spandeer.