Wednesday, December 31, 2008

Die Aanbreek van 'n Nuwe jaar!


Met hierdie pragtige sons-ondergang, is dit nogal gepas hoe die son sak op die ou jaar en ons die nuwe jaar ingaan!
Vir julle almal wat die blog lees, wens ons as familie vir julle 'n baie voorspoedige nuwe jaar toe, mag julle jaar gevul wees met kleure, prag, sonstrale, guns en goedheid! As hierdie fotos 5 minute vroeer of vyf minute later geneem was, het dit heeltemal anders gelyk, en hul prag verloor! So neem elke geleentheid aan, vyf minute later mag dalk te laat wees!

MAG ONS HEMELSE VADER JULLE LEWENS SKILDER SOOS HY IN DIE NATUUR SO ONVERBETERLIK DOEN! VOORSPOEDIGE EN GESEENDE NUWE JAAR! MAG 2009 DIE BESTE WEES WAT JUL NOG BELEEF HET!

Thursday, December 25, 2008


glitter-graphics.com

"Dankie Vader vir die geboorte van Jesus Christus. Dankie dat U Hom aan ons gestuur het as ons enigste Saligmaker en Verlosser!"

glitter-graphics.com

GENIET HIERDIE SPESIALE DAG!
EN MAG DIT EEN WEES VOL VAN LAG EN BAIE VREUGDE!

Thursday, December 18, 2008

HOME MADE BILTONG

Hoekom neem 'n mens se eetlus toe in die fees seisoen? Of verbeel ek myself net dat dit so is? Elk geval, my man kan nie anders as om die biltong voorraad op 'n hoe vlak te hou nie, want ons klein mannetjie sal sommer uit die bloute na die tuisgemaakte biltonkas toe loop en vir hom 'n lekker stukkie biltong gaan uithaal, wat ons dan vir hom moet sny, of in die laaste paar dae hou hy daarvan as ons dit fyn maal. So, ons maak amper elke 2de of 3de dag ons eie Billies.

Lekker New Zealandse Rump steak, of die van Oz, is perfek.(Ons vleis word van daar af ingevoer). Selfs topside of silverside doen die ding ook! Hierdie steak is sommer klaar gesny deur die winkel, so dit word direk uit die pakkie met asyn besprinkel(appel asyn verkieslik)
'n Lekker tuisgemaakte mengsel van growwe sout, peper, koriander en Robinson's steak en tjop spices(ook toevallig hier in die UAE beskikbaar) doen die ding net te goed! En ja, die geel vetjies is natuurlik 'n moet ne! Sit sommer van die spesery mengsel op die vet ook, dan trek dit binne in die vet in en geur dit darm maar jou baie lekker!
Na 'n paar uur se staan, is dit binne in die tuisgemaakte biltong boks in, met 'n gloeilamp onder om die humiditeit uit te hou, en 'n natuurlike lugvloei van onder na bo oor die vleis repe te laat vloei. 'n Klein waaiertjie kan ook ingespan word, om te help met die droogproses. Maak die boks bo toe met 'n net, om die ontydige vlieg weg te hou, en laat staan vir so 48 uur tot 72 uur.
Glo dit of nie, binne 2 dae het jy halfdroog biltong, en na 3 dae is dit amper heeltemal droog. As jy meer tyd het en self die vleis wil bewerk, kan jy 'n groot stuk koop, en langer stukke sny, maar hierdie lengtes is regtig die ideale "snack" grootte vir ons seuna, en raak redelik vinnig droog.
Die biltong boks is sommer van karton gemaak(hout kan ook gebruik word), met 'n vals bodem vol gate wat bo op die gloeilamp staan en gate bo in die boks se deksel gedruk, of los die boks oop, met 'n net bo-oor. Ons noem dit sommer kitsbiltong, en kan enige plek en seisoen gemaak word. Hoop julle geniet biltong net so baie soos ons klomp! Soos die turkse mense se voor elke ete: "Alfehet Olsen" wat beteken:- Smaaklike ete!

Thursday, December 11, 2008

LIEFLIKE REEN

Ons het amper begin dink dat ons die eerste reen hier gaan mis, want ons is weer oppad om bietjie by die huis te gaan kuier.
Dit het al begin reen, maar dit was net in die stad waar dit gereen het.

En daar gebeur dit! Sommer so onverwags, mens wil se uit die bloute bars hier 'n reenbui los en dit sous lekkerrr! Wat 'n wonderlike gevoel, ewe skielik begin 'n deel in jou siel weer op te kikker en kry jy sommer weer nuwe lewe, 'n ietsie wat jy al van vergeet het.

Selfs die kinders se speelpark lyk of dit jou roep en se kom en wees sommer net laf in die nat van die reen!

Ongelukkig kon ek nie my voete in die reen gaan sit nie want boetie was in die bad en mamma wou hom nie alleen los nie.... nie eers vir reen wat 'n skaarste in die woestyn is nie.

Dit het lekker hard gereen. En mens kon selfs na 'n rukkie die skoon lug in asem en die vars reen ruik!

Dit was asof dit soos 'n 'divine' oomblik was, want vir die een of ander rede was daar so min motors op die pad. En gewoonlik is daar behalwe vir vrydae en saterdae, nie een oomblik van stilte op hierdie pad nie.


Nadat die reen vir ongeveer so 20min geval het, hou dit op, kompleet soos sluise wat toe gemaak word.
Daarna gaan sak die son so asof hy ook tevrede en gelukkig is...

En ek moet se, na die reen is dit asof ons winter begin het. Want skielik word die AC in die huis afgesit en ons soek pantoffels vir die koue vloer, asof dit nie genoeg is nie word daar geshop vir duvets, en langmou pj's.
Mens kan nie dink so warm plek kan sou gou afkoel en sommer koud raak nie.
Maar ons "moun" beslis nie, en geniet elke sekonde daarvan.


Friday, December 5, 2008

Liggies


Ons wys nog steeds fotos wat met die feesvieringe van die U.A.E. se 37 ste verjaarsdag gepaard gaan. Hier is van die liggies wat in die stad en omliggende gebiede van Abu Dhabi te siene was gedurende die tyd. Dit is sowaar pragtig, van die geboue is baie hoog en die liggies is baie profesioneel opgerig! Dit is 'n skouspelagtige gesig.















Dit val so naby aan Kersfees dat ons dit sommer so vir onsself as 'n kersfees skouspel toe-eien. Ons dink dan veral aan Danville se liggie-huis met meer as 24000 liggies (http://www.danvilleliggiehuis.co.za/), en vele mense wat soveel moeite in Suid Afrika en reg oor die wereld doen om kersfees vir hulleself en ander minder bevoorregtes 'n onvergeetlike ervaring te maak. Mag julle liggies ook in hierdie tyd skyn, en mag julle almal 'n wonderlike feesseisoen beleef!

Tuesday, December 2, 2008

Ons 2e "land" verjaar vandag



Die U.A.E. is vandag, 2 Desember 'n volle 37 jaar oud(jonk). Orals in Abu Dhabi is daar die pragtigste liggies opgesit, so naby Kerfees kry mens sommer die kersgevoel wat pragtige liggies in mens se gemoed aanwakker.

Die plaaslike mense is uiteraard baie trots op hulle land en wat hulle onder hulle leiers in die relatiewe kort tydperk bereik het, en oral het mense die fotos van die presidente op hulle motors laat plak, met die 37 jarige viering vandag.


Hier is die president van "U.A.E" en heerser van Abu Dhabi links op die foto, en die vise president en heerser van Dubai aan die regterkant. Die mense het regtig baie respek vir hulle leierskap!

Voor op die venster is nog 'n reuse plakker, en mens wonder hoe die mense kan sien en bestuur met die plakkers op die vensters, en op 'n goeie dag kan hierdie ouens regtig nie goed bestuur nie, en moet jy al jou "varkies" bymekaar hou om uit hulle pad te bly op die paaie, so ja, ons is in vir 'n week van baie meer versigtig wees en bestuur as gewoonlik!
Ek weet nie wat die offisiele ouderdom vir die "locals" is om bestuurders lisensies te kry nie, maar hulle is bloedjonk. Hierdie kerel was te gretig om sy Camry te kan afwys, ons het hom en sy kar by die Mcdonalds/petrolgarage gekry.

Kloksgewys, die eerste heerser(sheik) van Abu Dhabi, dan die huidige een, en dan sy seun. Hulle pronk op die sunroof! Mens kan beswaarlik glo watter moeite hulle doen om die plakkers op te plak en die dag te vier!

Trots met hartjies en sterre word die land se verjaarsdag gevier en vertoon!

Selfs vlaggies word oral ingedruk, laat mens dink aan 'n Amerikaanse presidents verkiesings. Agter die motor staan die eienaar en sy pel, met die petrolgarage Kiosk/Mcdonalds/Baskin Robbins roomyswinkel, waar al die locals en expats saamkom, en lekker kom burgers en roomys eet!
Wel, van ons kant af, baie geluk aan die U.A.E. met hulle 37 ste verjaarsdag!